AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: Die Bybel
Hierdie reeks oor Die Bybel, is vir die Senior Sondagskool asook vir die Kinderkerk beskikbaar.
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Inleiding
- Die Bybel – Die geïspireerde Woord van God
- Die Bybel – Die Bybel is ons Gids
- Die Bybel – Die Boodskap oor Nuwe Lewe in Christus
- Die Bybel – Die Swaard van die Waarheid
- Die Bybel – Die Bron van Wysheid
- Hersieningsles
- Die Bybel – Wees versigtig
- Die Bybel – Verstaan jy die Bybel?
- Die Bybel – Verstaan jou Bybel!
- Afdelings van Die Bybel – Ou Testament: Die Wetboeke
- Afdelings van Die Bybel – Ou Testament: Die Geskiedenis Boeke
- Afdelings van Die Bybel – Ou Testament: Die Gedigte Boeke
- Afdelings van Die Bybel – Ou Testament: Die Groot Profete Boeke
- Afdelings van Die Bybel – Ou Testament: Die Klein Profete Boeke
- Afdelings van Die Bybel – Nuwe Testament: Die Evangelies
- Afdelings van Die Bybel – Nuwe Testament: Die Geskiendenis Boek
- Afdelings van Die Bybel – Nuwe Testament: Briewe aan die Gemeentes
- Afdelings van Die Bybel – Nuwe Testament: Profetiese Boek – Openbaring
1. Inleiding
Hierdie is die inleidingsles in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. Die les begin met ‘n videoclip van ‘n advertensie. Daarna moet elke groep ‘n advertensie maak om die Bybel te adverteer en ‘n paar vrae antwoord.
Hulle gaan leer hoe belangrik dit vir ons as kinders van God is om elke dag tyd te maak vir Bybel lees. Ons hoop dat dit hulle sal inspireer om hulle Bybels al hoe meer te gebruik.
Sondagskoolles-Die Bybel-Inleiding
2. Die geïspireerde Woord van God
Die les begin met die ou bekende speletjie telefoontjie. Die doel van die speletjie is om aan die kinders te demonstreer, hoe moeilik dit vir die mense wat die verskillende boeke van die Bybel geskryf het sou wees, om dit te skryf, net uit dit wat hulle kon onthou. Dit sou onmoontlik gewees het sonder die hulp van die Heilige Gees. Daarna word die kinders met die vraag gekonfronteer of hulle glo wat in die Bybel staan.
In hierdie les rus ons ook die kinders toe met ‘n paar teksvers om hulle te help om die belangrikheid en waarheid van die Bybel beter te verstaan.
Sondagskoolles-Die Bybel is-die geinspereerde woord van God
3. Die Bybel is ons Gids
Die les begin met die oulike storie van die Eienaar se Gids. Die eienaar se gids vertel die storie van ‘n man met die naam Koos, wat ‘n nuwe kar koop, maar nie die handleiding oor hoe die motor werk, wou lees nie. So het hy op die einde in ‘n boom vasgery met sy splinternuwe kar. Daarna speel ons die volgorde speletjie en gesels oor die Bybel as ons Gids.
Sondagskoolles-Die Bybel is ons gids
4. Die Boodskap oor Nuwe Lewe in Christus
Die les begin met die ‘verander jou voorkoms’ ysbreker. Daarna gesels die kinders oor wedergeboorte, en wat dit beteken aan die hand van Nikodemus se besoek aan Jesus.Die les sluit af met die Storie: Die oogseer, wat wedergeboorte op ‘n baie eenvoudige en praktiese manier aan die kinders verduidelik.
Sondagskool les – Die Bybel is die boodskap oor die nuwe lewe in Christus
5. Die Swaard van die Waarheid
Die les begin met die swaard speletjie as ysbreker. Hiervoor het jy ‘n houer met ‘n klomp plastiek messies nodig. Op elke messie is ‘n ander teksvers geskryf. Die leier trek ‘n teksvers, en die groepe moet kyk wie die teksvers die vinnigste kan opsoek. Daarna bestudeer die kinders ‘n klomp teksverse met vrae om “die Bybel is die Swaard van die Waarheid” aan hulle te verduidelik.
Sondagskoolles – Die Bybel is-Die Swaard van die Waarheid
6. Die Bron van Wysheid
Die les begin met ‘n dinkskrum rondom die gebruike van ‘n peanut. ‘n Wetenskaplike met die naam George Washington Carver, het oor die 300 gebruike vir die peanut, met behulp van God, uitgevind het. Hy het God gereeld gevra vir wysheid en as gevolg van daardie gebede, het ons baie van sy uitvindsels rondom ons vandag. Daarna gesels ons bietjie oor die wysheid en die wyse manne in die Bybel soos Salomo en Daniël.
Sondagskool les Die Bybel is die bron van Wysheid
7. Hersieningsles
In hierdie les hersien ons dit wat ons die kwartaal met die kinders gedoen het. Ons het twee weergawes van hierdie les. Albei doen hersiening van elke deel van die reeks tot op hierdie stadium deur middel van speletjies of aktiwiteite.
Kyk gerus na albei, en besluit watter een vir jou kinders geskik is.
7. SONDAGSKOOL LES – Hersieningsles
8. Wees versigtig
Die les begin met twee ysbrekers. Die eerste een is ‘blind follow the leader’, waar al die kinders geblinddoek word. Die kinders hou dan aan die een voor hulle vas, met die leier heel voor wat nie geblinddoek is nie, en hulle deur die terrein neem. Die kinders moet na die leier se stem en instruksies luister om veilig terug te kom by hulle sitplekke. Vir die tweede ysbreker word ‘n PowerPoint Presentation gewys met ‘n klomp waarskuwings tekens. Die kinders moet raai waaroor die tekens hulle waarsku. Daarna gesels ons oor die waarskuwings in die Bybel na aanleiding van ‘n paar teksverse.
8. SONDAGSKOOL LES – Wees versigtig
8. Wees versigtig – Warning Signs
9. Verstaan jy die Bybel?
Die les begin met ‘n ‘noot vir noot’ ysbreker. Soos baie kinders baie, of al die musiek geken het, so weet ander weer baie van sport of flieks. Die vraag is hoeveel ons van die Bybel weet? Die kinders moet dan ‘n uitdaging voltooi om die boeke van die Bybel in hulle regte kategorieë te groepeer.
Die les sluit af met ‘n ‘shadow sculptures’ PowerPoint. Baie van die kinders voel dalk dat die Bybel vir hulle een ‘deurmekaarspul’ is, soos die ‘shadow sculptures’.
9. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jy die Bybel
9. Verstaan jy die Bybel – Shadow Art
Uitdaging werksvelle in PDF formaat:
Ou Testament boeke groeperings
Nuwe Testament boeke groeperings
Lys van Ou Testament boeke nie in volgorde
Lys van Nuwe Testament boeke nie in volgorde
10. Verstaan jou Bybel!
Van hierdie les af begin ons die kinders die boeke van die Bybel te leer deur vir hulle ‘n klomp boeke te gee wat hulle in die regte volgorde moet sit. Hulle gaan elke week nog bykry totdat hulle al die boeke van die Bybel ken.
In hierdie les maak ons die kinders bewus van die uitleg van die Bybel – Ou en Nuwe Testament, Bybelboeke, hoofstukke en teksverse. Daarna gee ons vir hulle ‘n paar ‘sleutels’ om hulle hiermee te help.
Die laaste belangrike gedagte, is om te onthou dat die Bybel se organisasie ons help om die boodskap van Jesus beter te verstaan. Al klink als baie tegnies, is dit belangrik om dit te weet, sodat ons nie uitmis op hierdie Boodskap nie.
10. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Bybel sleutels
11. Afdelings van die Ou Testament: Die Wetboeke
In hierdie les begin ons na die verskillende afdelings waarin die Bybel verdeel is te kyk. Ons begin by die Wetboeke in die Ou Testament, dis die eerste afdeling in die Ou Testament. Daar is vyf boeke in hierdie afdeling: Genesis; Eksodus; Levitikus; Numeri; Deuteronomium.
Daarna doen die groepe bietjie groepwerk. Elke groep kry vier uitdeelstukke oor die Wetboeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
11. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Wet
12. Afdelings van die Ou Testament: Geskiedenis Boeke
Die Geskiedenis Boeke is die tweede afdeling in die Ou Testament. Daar is twaalf boeke in hierdie afdeling: Josua; Rigters; Rut; 1 en 2 Samuel; 1 en 2 Konings; 1 en 2 Kronieke; Esra; Nehemia; Ester.
Elke groep kry vier uitdeelstukke oor die Geskiedenis boeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
12. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Geskiedenis Boeke
13. Afdelings van die Ou Testament: Die Gedigte boeke
Die Gedigte Boeke is die derde afdeling in die Ou Testament. Daar is vyf boeke in hierdie afdeling: Job, Psalms, Spreuke, Prediker en Hooglied.
Elke groep kry ‘n aantal uitdeelstukke oor die Gedigte boeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
13. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Gedigte
bybel-kopkrapper-raak-wys-1-antwoorde
bybel-kopkrapper-spreuke-1-antwoord
bybel-kopkrapper-spreuke-2-antwoord
14. Afdelings van die Ou Testament: Groot Profete Boeke
Die Groot Profete is die vierde afdeling in die Ou Testament. Daar is vyf boeke in hierdie afdeling: Jesaja, Jeremia, Klaagliedere van Jeremia, Esegiël en Daniël.
Elke groep kry ‘n aantal uitdeelstukke oor die Groot Profete boeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
14. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Groot Profete
15. Afdelings van die Ou Testament: Klein Profete Boeke
Die vyfde afdeling in die Ou Testament is die Klein Profete. Daar is twaalf boeke in hierdie afdeling: Hoséa, Joël, Amos, Obádja, Jona, Miga, Nahum, Hábakuk, Sefánja, Haggai, Sagaría en Maleági.
Elke groep kry ‘n aantal uitdeelstukke oor die Klein Profete boeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
15. Die Klein Profete – antwoorde blokraaisel
Lys van Ou Testament boeke nie in volgorde
Ou Testament boeke groeperings
16. Afdelings van die Nuwe Testament: Die Evangelies
Hierdie is die eerste afdeling in die Nuwe Testament – Die Eangelies. Evangelie beteken “goeie nuus”. Die Bybelboeke Matteus, Markus, Lukas en Johannes vertel ons van Jesus – die goeie nuus dat Hy aarde toe gekom het om ons te leer van God en om te sterf vir ons sondes.
Die kinders kry ‘n aantal aktiwiteite om na die hooftrekke uit Jesus se lewe te kyk.
16. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Nuwe Testament – Die Evangelies
16. right-left-christmas-game-nativity-story
17. Afdelings van die Nuwe Testament: Geskiedenis Boeke
Hierdie is die tweede Afdeling in die Nuwe Testament en bestaan net uit die boek Handelinge. In hierdie boek leer ons meer oor hoe die kerk gebore is. Dit is geskryf deur Lukas – dieselfde Lukas wat ook die boek Lukas in die Evangelies afdeling geskryf het.
Elke groep kry ‘n aantal uitdeelstukke oor die inhoud van die boek Handelinge, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
18. Afdelings van die Nuwe Testament: Briewe aan die Gemeentes
Hierdie is die derde Afdeling in die Nuwe Testament en bestaan uit die volgende boeke: Korintiërs; Galasiërs; Efesiërs; Filippense; Kolossense; Tessalonisense; Timoteus; Titus; Filemon; Hebreërs; Jakobus; Petrus; Johannes en Judas.
Daar word bietjie oor die verskillende soorte pos gepraat wat mens kry, en watter belangrike is en watter doel elkeen het. Elke groep kry kans om ‘n spesiale, bemoedigende brief aan ‘n christen in ‘n ander land te skryf. Die spesiale brief wat die kinders geskryf het laat ons dink aan die briewe wat in die Bybel is.
Elke groep kry ‘n aantal aktiwiteite wat hulle moet voltooi om hulle ‘n beter idee te gee van waaroor die briewe gaan.
19. Afdelings van die Nuwe Testament: Profetiese Boek – Openbaring
Hierdie is die negentiende, en laatste les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. In hierdie les behandel ons die laaste boek in die Bybel – Openbaring, wat ‘n profetiese Boek is.
19. SONDAGSKOOL LES – Verstaan Jou Bybel – Afdelings van die Nuwe Testament – Profetiese Boek
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/