Kinderkerk Jeug Alpha: 1. Die nou en die wye pad

1. groot

AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.

Junior Jeug Alpha

Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.

1. Die nou en die wye pad

Hierdie is die eerste les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na die nou en die wye pad.

Die les begin met drie speletjie om die nou en die wye pad aan die kinders te demonstreer, daarna word die nou en die wye pad aan hulle verduidelik.

Speletjie 1: In die eerste speletjie moet hulle elkeen deur ‘n nou en ‘n wye pad stap wat met stoele gepak is.

Speletjie 2: Die tweede speletjie word met ‘n ping pong balletjie gespeel. Die een groep moet die balletjie onder deur ‘n stoel probeer gooi, en die ander groep deur ‘n handdoek papierrol.

Speletjie 3: In die derde speletjie moet die kinders kies of hulle die balletjie deur die stoel of deur die handdoek papierrol wil gooi.

Die les sluit af met ‘n laaste speletjie: die gelukkige pad / hartseer pad. ‘n Klomp scenarios word gelees, en die kinders moet ‘n gelukkige gesiggie wys as hulle dink dis die nou pad, en ‘n hartseer gesiggie as hulle dink dis die wye pad.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

1. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 1 – Die nou en die wye pad

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/

 

One comment

  1. Goeiedag, Ek soek asb raad by julle

    Ek is leier van ons AGS Nelspruit se Kinderbediening.

    Eks genooi deur n Laerskool om hulle Gr. 1 prysuitdeling te open. Ek het 5 min en die Tema is : TAlente

    Het julle vir my dalk enige idees?

    Dankie vir julle oulike lesse

    Vanessa Sevenster Kids In Christ Children Church Leader ADAPTABILITY / EMPATHY / CONNECTEDNESS / RELATOR / DEVELOPER Tel: 013 741 1077 Faks: 013 741 1078 E-pos: vanessa@communio.co.za Webwerf: http://www.communio.co.za

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s