Ons volgende Bybelvasvra kategorie is “Scary Stories in die Bybel”.
Scary Stories in die Bybel
Dit was eintlik groot pret om die inligting vir hierdie post bymekaar te kry, en ons hoop julle gaan die gebruik daarvan net so geniet. Ons het probeer fokus op Bybeldele en ‘stories’ wat kinders (en grootmense) nie so goed gaan ken nie. Die doel van ‘n Bybelvasvra is tog nie net om te kyk wat jy WEL weet nie, maar ook om daaruit te leer.
By elke storie is daar ‘n teksvers wat jy as leidraad kan gebruik, asook ‘n klompie vrae oor die storie of die ‘karakters’ in die storie.
Scary Stories in die Bybel, is ook ideaal vir ‘n Bybel CSI aand. Jy het ‘n groterige lokaal soos ‘n saal hiervoor nodig. Op verskillende punte sit jy leidrade uit die storie, die teksvers waar die Bybelvers voorkom en dan die vrae oor die storie. Hierdie is ‘n GROOT ‘hit’ onder die kinders!!
Volg die skakel hieronder vir meer idees vir ‘n Bybel CSI aand:
https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/07/jeug-funaand-bybel-csi/
Laai die Bybelvasvra “Scary Stories in die Bybel” hieronder in PDF formaat af:
Bybelvasvra – Scary stories in die Bybel
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybelvasvra Idees: