Jeug Funaand: Bybel CSI

csi - groot

Ons kinders word bloodgestel aan so baie dinge van die wêreld dat hulle baie keer nie meer in die Bybel belangstel nie, omdat dit volgens baie ‘n ‘ou boring boek’ is. Bybel CSI help die kinders om te sien hoe interessant die Bybel is, en hoe relevant dit selfs vandag nog is. As jy opsoek is na ‘n manier om jou kinders weer opgewonde oor die Bybel te kry is hierdie Post net vir jou bedoel! Kom kyk bietjie hoe oulik dit is, en raak self weer opgewonde oor die Bybel!! Hierdie kan selfs vir Sondagskool gebruik word!

Bybel CSI: Ons eie

Ons weet nie regtig onder watter kategorie om hierdie te sit nie, ons het dit as deel van ‘n Bybelse Funaand gebruik. Hier is wat ons gedoen het.

CRIME SCENE 1: Adam en Eva

LEIDRADE: ‘n appel, rubber slang, leuens op papier getik  –  Crime: Ongehoorsaamheid

CRIME SCENE 2: Josef

LEIDRADE: gekleurde stuk lap; silwer geldstukke; ‘n prentjie met die maan en die sterre soos in Josef se droom   –  Crime:  Human trafficking

CRIME SCENE 3: Simson en Delila

LEIEDRADE: stuk tou; skêr; klomp hare wat ons by ‘n haarsalon gekry het  –  Crime:  Ongehoorsaamheid

Die volgende vrae is by elke ‘crime scene’ gevra:

  1. Oor watter Bybelfiguur gaan die ‘crime scene’?
  2. Hoekom sê julle so, waar pas die bewysstukke in die verhaal in?
  3. Wat was die ‘crime’ gewees?
  4. Wat leer ek hieruit vir my eie lewe?

Bybel CSI: Internet skakels

Studentministry het as deel van ‘Freebie Friday’ twee oulike “CSI Crime Scenes from the Bible” pdf dokumente opgelaai met altesaam agt lesse met alles wat jy nodig het. Hieronder is die dokumente asook die skakel na die webtuiste:

Crime Scenes from the Bible 1

Crime Scenes from the Bible 2

http://www.studentministry.org/freebie-friday-54-csi-crime-scenes-from-the-bible/

Die volgende twee is ook baie oulike om te gebruik – Ons het die “Sunday School Lesson Activity” as deel van ‘n ysbreker by ‘n volwasse sel gebruik wat hulle net so baie geniet het. Ons het dit al so lank dat ons ongelukkig nie meer weet waar ons dit gekry het nie.

Sunday School Lesson Activity 001 Criminal Suspects in the Bible

Solve The Bible Crimes

Volg die skakel hieronder na ons ander Jeug Funaande:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s