AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
1. Funaand: Geloofsaand – Senior
Hoe meer ons in gesprekke met kinders kom, hoe meer besef ons hoe verward hulle is oor wat die basis, die fondament van ons Christelike geloof is, maak nie saak aan watter kerkgenootskap jy behoort nie, maar wat die Bybel ons leer.
Die kinders leer van verskillende gelowe in die skool, en het ook maats van ander gelowe, en dit verwar hulle nog meer. Die Heilige Gees het ons gelei om ons kinders toe te rus in die Waarheid volgens God se Woord – ons gaan so drie lesse met die kinders doen wat handel oor Geloof. Hierdie is die eerste les en dis half in die vorm van ‘n Funaand, met die tema as Geloof.
Laai die dokumente hieronder af:
Hier is die videoclip wat ons tydens die les gebruik het:
Volg die skakel hieronder na die ander lesse oor geloof:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/geloof/