Spesiaal vir ons Matrieks 1

spesiaal vir ons matrieks - groot 1

As jy ‘n kind in matriek het weet jy dat hierdie een van die stresvolste tye in ‘n kind en ouer se lewe is. Het jou kind genoeg geleer…… verstaan jou kind die werk…… en so kan ek aangaan.

Soms is dit lekker om so bietjie te lag om die atmosfeer ligter te maak asook die stresvlakke. Hier is so paar oulike hulpbronne wat op die oomblik die rondte op Facebook doen, wat dalk mag help. Ons het ook op ‘n baie mooi gebed van ‘n ouer vir sy of  haar matriek kind afgekom wat ons graag met julle deel.

Gebed vir jou Matriek kind

Matriek Boekmerk 1

….. so bietjie tong in die kies, maar ook tog waar 

10 dinge wat elke matrikulant moet weet
(Deel met elke ouer en matrikulant!)

  1. ‘n Ma wat karring is ‘n ma wat omgee
  2. Daar gaan altyd iemand wees wat vra of jy reg is vir die eksamen. Niemand weet regtig wat die regte antwoord hierop is nie. Vermy hulle maar eerder.
  3. Vermy ook mense wat heeltyd vra “ wat gaan jy volgende jaar doen”. Dit is soos om op jou verjaarsdag te vra wat jy vir volgende jaar se verjaarsdag beplan.
  4. Rekeningkundevraestelle is gemaak om nooit te balanseer nie.
  5. Harde lekkers in ‘n eksamenlokaal is net so erg soos iemand wat heeltyd praat in ‘n fliek.
  6. Een pen is te min, twee penne is veilig, tien penne is gretig.
  7. Calculators sal heeljaar werk…tot die dag van die eksamen. Koop ekstra batterye.
  8. Eet iets voor die eksamen. ‘n Grommende maag is soos ‘n lastige kleurblind eks wat nie die blou merkies op whatsapp kan sien nie – dit hou nie op nie.
  9. Dit is makliker om water in ‘n sif op te vang as om minute voor die eksamen nog nuwe dinge te probeer leer.
  10. As jy ‘n break wil vat doen dit. Probeer iets te doen wat nie veel breinkrag vereis. Soos om die kat te kam.

Bonuswenk! Daar is twee tipe mense wat net op jou senuwees gaan werk: dié wat voor die tyd sê hulle het niks geleer nie (al kry hulle altyd volpunte vir die toets), en die wat na die tyd al hul antwoorde vergelyk met ander mense se antwoorde. Vermy hulle.

Onthou: jy gaan fine wees!

Laai hierdie hulpbronne hieronder in PDF formaat af:

Matriek Boekmerke

10 dinge wat elke matrikulant moet weet

‘n Boodskap deur twee bekkige lyfies…

Gaan loer gerus by die skakel hieronder vir nog idees vir matrieks:

https://algoagemeenskapskerk.com/2020/11/04/spesiaal-vir-ons-matrieks-2/

Gaan loer by die skakel hieronder vir Sterkte vir die Eksamen idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/10/19/sterkte-met-die-eksamen/

3 thoughts on “Spesiaal vir ons Matrieks 1

  1. Pingback: Spesiaal vir ons Matrieks 2 |

  2. Pingback: Sterkte met die Eksamen 1 |

  3. Pingback: Sterkte met die Eksamen 2 |

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s