Met die eksamens om die draai, is baie van ons opsoek na iets ouliks om vir ons kinders te gee om ‘sterkte’ te sê, ons deel graag ‘n paar idees met julle:
Eksamen Potlood
Ons het hierdie vir ons matrieks gemaak om vir hulle sterkte met die eksamen mee toe te wens.
Laai die template hieronder in WORD formaat af:
Eksamen Survival Kit
Jy kan hierdie survival kit op verskeie manier doen, soos dit jou tyd en begroting pas. Jy kan al die artikels in ‘n sakkie of boksie pak, die survivial kit instruksies uitprint en bo-op plak. Dis beskikbaar met ‘n swart raampie asook met ‘n gekleurde raampies.
Hier is ‘n voorbeeld van die Eksamen Survival Kit:
Laai die Eksamen Survival Kit hieronder in WORD formaat af:
Eksamen Survival Kits – Swart en Wit
Eksamen Boekmerke
Hierdie is twee pragtige gebede wat ons op “Kuier” en Laerskool Hennopspark se Facebook Blaaie gekry het, en in boekmerke omskep het. Gebruik dit as deel van ‘n “bederfpakkie” vir jou kind vir die eksamen. Sit dit bv. voor op die sakkie, met al jou kind se gunsteling lekkernye binne-in.
Eksamen Boekmerk:
Laai die Eksamen Boekmerk hieronder in WORD formaat af:
Matriek Boekmerk:
Laai die Matriek Boekmerk hieronder in WORD formaat af:
Blommetjie stokkie lekker
Print die template hieronder op gekleurde papier, en skryf jou eie persoonlike boodskap op die blaartjies van die blom. Om die stokkie lekker stewig vas te hou, maak ‘n gaatjie in ‘n koeldrankproppie, plak dit aan die onderkant van die blommetjie vas, en druk die stokkie lekker deur.
Laai die template hieronder in WORD formaat af:
Stokkie lekker boodskap
Hierdie is ‘n lekker goedkoop idee, veral as jy iets vir ‘n hele paar kinders wil gee. Dis bloot ‘n stukkie karton wat jy knip en in die helfte vou. Skryf ‘n persoonlike boodskap op die voorkant en versier.
Druk twee gaatjies deur die karton, aan die voor en agterkant. Sit die stokkie lekker binne-in, en ryg ‘n lintjie of toutjie deur die gaatjies om die stokkie lekker binne te hou. Die stokkie lekkers wat jy hiervoor gebruik is die goedkoop plattes wat jy gewoonlik aan ‘n string kry.
Volg die skakel hieronder na ons ander Eksamen Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/2020/11/05/sterkte-met-die-eksamen-2/
Volg die skakels hieronder na ons Matriek Eksamen hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/2019/10/21/spesiaal-vir-ons-matrieks/
https://algoagemeenskapskerk.com/2020/11/04/spesiaal-vir-ons-matrieks-2/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/10/19/sterkte-met-die-eksamen/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/10/19/sterkte-met-die-eksamen/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/10/19/sterkte-met-die-eksamen/ […]
LikeLike