Jeug Alpha: Sessie 2: Wie is Jesus?

2. groot - wie is Jesus

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 2: Wie is Jesus?

Ysbreker: Hierdie sessie begin met ‘n PowerPoint met beroemde persone. Die kinders moet raai wie dit is, en wat hulle van hulle weet. Daar is ook ‘n ‘prentjie’ van Jesus tussen-in

In hierdie sessie gesels ons oor WIE Jesus is.  Wanneer ons oor Jesus praat, praat ons gewoonlik oor wat Hy vir ons kom DOEN het, maar ons staan eintlik baie min stil by WIE Hy is.

Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord. Daarna gesels ons oor WIE Jesus is aan die hand van die volgende:

  1. Hy is die Brood van die Lewe
  2. Hy is die Lig vir die wêreld
  3. Hy is die Opstanding en die Lewe
  4. Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe
  5. Hy kan sondes vergewe
  6. Hy gaan die wêreld oordeel

Die sessie word afgesluit met die volgende vrae:

  1. Wat maak JY van dit wat Jesus oor Homself sê?
  2. Watter soort bewyse sal jou oortuig om dit te glo?
  3. Is Jesus ‘real’ vir jou – of is Hy net ‘n karakter uit ‘n baie ou boek?
  4. Glo JY dat Jesus is wie Hy sê Hy is?
  5. Het jy al op die punt in jou lewe gekom waar jy WEET jy wil jou lewe in Jesus se hande sit?

Hier is die tweede sessie se video Clip:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Jeug Alpha – Sessie 2 – Wie is Jesus

PRENTJIE VAN JESUS

Ysbreker – Famous people

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s