Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
Bybel PowerPoint Speletjies
As julle ‘n projektor tot julle beskikking het is hierdie ‘n baie oulike hulpbron. Die instruksies of vrae is op die ‘slides’ en die kinders volg die instruksies.
Ons het sover moontlik probeer om die PowerPoint Speletjies ook in WORD formaat beskikbaar te stel indien jy graag die speletjie met jou kinders wil speel, maar nie ‘n projektor tot jou beskikking het nie.
Hier is die speletjies wat in PowerPoint asook WORD formaat beskikbaar is:
- Afrikaanse Bybel Brain Teasers
- Bybel “Would you rather”
- Bybel Emoji’s
- Bybel Scattergories
- Nommers in die Bybel
- Kinders van die Bybel
- Diere van die Bybel
- Ongelukke in die Bybel
- Beroepe in die Bybel
- Wat is die Konneksie?
- Bybelvers Woordspeletjie
- Ou en Nuwe Testament
- Dissipels van Jesus
- Bybelse Fiksheidsoefeninge
- Name van Jesus
1. Afrikaanse Bybel Brain Teasers:
As jy nog nooit ‘n Brain Teaser probeer het nie, moet jy BESLIS hierna kyk! Ons het 56 Afrikaanse Bybelse Brain Teaser in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar. Van hulle is baie maklik en van hulle heelwat moeliker.
Afrikaanse Bybel Brainteasers – Almal – PPT
Afrikaanse Bybel Brainteasers – Almal WORD
Afrikaanse Bybel Brainteasers – Almal – Antwoorde
Volg die skakel hieronder na die Blogpost waar ons dit volgens maklik en moeilik verdeel het:
https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/25/hulpbronne-brainteasers/
2. Bybel Would you Rather
Hierdie is ‘n immergewilde speletjie wat die kinders altyd geniet. Hierdie een het ‘n lekker ‘twist’, dis in Afrikaans, en dis ‘n Bybel een, ons kinders is MAL daaroor!! Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
3. Bybel Emoji’s
As jy die Emoji fliek gekyk het sal jy hierdie speletjie baie geniet. Emoji’s word gebruik as leidrade om Bybelverhale te ‘verduidelik’. Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
Bybel Emoji Speletjie – Antwoorde
4. Bybel Scattergories
Vir hierdie speletjie word ‘n kategorie gegee en die groepe moet kyk met hoeveel voorbeelde hulle daarvan in die Bybel kan opkom bv. Vrou name, kleure in die Bybel, dissipels van Jesus ens. Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
5. Nommers in die Bybel
Nommers speel ‘n belangrike rol in die Bybel, en nommers is ook ‘n kreatiewe manier om die kinders se Bybelkennis te toets. Ons kyk na verskeie nommers in hierdie speletjie, en die kinders moet kyk aan hoeveel goed in die Bybel hulle kan dink wat met die nommer te doen het. Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
6. Kinders van die Bybel
Kinders van die Bybel is ‘n lekker dink speletjie waar leidrade oor bekende kinders van die Bybel gegee word, en daar geraai moet word van wie gepraat word. Dis ideaal vir groter kinders asook vir selgroepe. Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
7. Diere van die Bybel
Meeste kinders hou van diere, maar wat weet hulle van die diere van die Bybel?In hierdie speletjie moet die kinders eers kyk hoeveel diere hulle kan opnoem wat in die Bybel voorkom. Daarna is daar 15 vrae oor spesifieke diere in die Bybel en wat hulle gedoen het, of wat die Bybel oor hulle sê. Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
8. Ongelukke in die Bybel
Weet jy hoeveel ongelukke daar in die Bybel is? Kan jy hulle opnoem? Kom kyk na die leidrade en leer weer bietjie iets nuuts saam met jou kinders. Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
9. Beroepe in die Bybel
Hierdie is ‘n speletjie met ‘n klomp interessante feite rondom beroepe in die Bybel se tyd. Ons behandel 15 verskillende beroepe met ‘n kompie interessante vrae rondom elkeen. Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
10. Wat is die Konneksie?
Wat is die Konneksie is ‘n lekker dink-speletjie waar twee name uit die Bybel gegee word en jy moet raai wat die konneksie tussen hulle is. Van hulle is maklik soos Dawid en Goliat; en Josef en Maria, maar dan is daar ook heelwat moeiliker konneksies wat kinders dalk nie sal weet nie nie soos Elisa en Gehasi. Ons het 30 verskillendes saamgestel, so daar is lekker baie om uit te kies en dit saam te stel vir die ouderdomsgroep waarmee jy werk. Hierdie speletjie is in PowerPoint en WORD formaat beskikbaar.
11. Bybelvers Woordspeletjie:
As jy hou van woord-speletjies, dan is hierdie speletjie net vir jou. Daar is elke keer twee prentjies en jy moet die konnektasie maak met ‘n Bybelversie. Eers gee jy net die ‘opsomming’ van die versie, daarna kry jy die Bybelversie wat jy dan moet gaan oplees.
Hierdie is ‘n lekker manier om jou kinders te help om die Bybel en versies in die besonder te leer ken. Hierdie speletjie is beskikbaar in WORD en PPT formaat.
Bybel Speletjies – Bybelvers Woordspeletjie PPT
Bybelvers Woord speletjie WORD
Bybelvers Woord speletjie – Antwoorde WORD
12. Ou en Nuwe Testament
Hier is twee speletjies waar ons bietjie na die Bybelboeke kyk. Jy sal ‘n Bybelboek op die bord sien. Jy moet neerskryf watter boek voor en watter boek na dit kom!
Nuwe Testament – Voor en na PPT
13. Dissipels van Jesus
In hierdie speletjie kyk ons na die dissipels van Jesus, wie hulle was, en wat hulle gedoen het:
Bybel Speletjies – Raaisels – Dissipels van Jesus PPT
RAAISELS – Dissipels van Jesus – Speletjie WORD
RAAISELS – Dissipels van Jesus – antwoorde WORD
RAAISELS – Dissipels van Jesus – Ekstra vrae WORD
14. Bybelse Fiksheidsoefeninge:
Hierdie speletjie is ‘n heerlike manier om ‘n geleentheid aan die gang te kry. Daar is drie verskillendes om van te kies, na gelang van jou geleentheid en ouderdomsgroep:
Bybelse Fiksheidsoefeninge PPT
Bybelse Fiksheids Oefeninge WORD
Bybelse Opwarmingsoefeninge PPT
Bybelse opwarmingsoefening WORD
Fiksheidsoefening uit die Bybel PPT
Fiksheids Oefeninge Uit Die Bybel WORD
15. Name van Jesus
In hierdie speletjie kyk ons na van die name van Jesus, wat vir ons vertel WIE Hy is, en WAT Hy vir ons doen. Hierdie speletjie is in die vorm van raaisels – twee leidrade word gegee en die deelnemers moet kyk of hulle weet watter naam van Jesus dit is.
Bybel Speletjie – Name van Jesus – Raaisels PPT
Name van Jesus – Raaisel Speletjie WORD
Volg die skakel hieronder na nog ‘n klompie speletjies rondom die name van Jesus:
https://algoagemeenskapskerk.com/2018/10/26/bybel-speletjies-name-van-jesus/
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/