Hierdie storie herinner ons daaraan dat ons moet LUSITER wanneer God met ons praat.
Tema van die Storie: Verstaan jy die Boodskap?
Die tema van hierdie storie is dat God op verskillende maniere met ons kan praat, maar dat ons moet luister, maar ook verstaan dit wat Hy vir ons wil sê.
Verstaan jy die Boodskap?
Vroeër jare toe die telegraaf die vinnigste medium was waarmee langafstandkommunikasie bewerkstellig kon word, het ‘n jong man aansoek gedoen vir die werk as operateur van die Morse Kode by ‘n sekere firma.
Hy moes gaan vir ‘n onderhoud en die kantoor waar hy moes wag, was baie besig en vol masjiengeluide, ook die van die telegraaf in die agtergrond.
‘n Nota op die ontvangsdame se toonbank het aansoekers versoek om ‘n vorm in te vul en dan hul beurt af te wag. Die jong man het die vorm ingevul en saam met sewe ander aansoekers in die wagkamer gewag.
Na ‘n paar minute het hy opgestaan, na die kantoor waar die onderhoude gevoer word, gestap en ingegaan. Die ander aansoekers was verbaas en het gewonder hoekom hy sommer kon instap. Hulle was oortuig dat niemand geroep was vir ‘n onderhoud nie en het geglo dat die jong man se optrede teen hom sou tel.
Na ‘n paar minute het die bestuurder met die jong man in die deur verskyn en aan die ander aansoekers gesê: “Menere, baie dankie dat u gekom het. Die pos is egter sopas gevul.”
Die mans was ontevrede en het onder mekaar gemurmureer. Een van hulle het toe sy beswaar geopper: “Wag net, Meneer, ons verstaan dit nie. Hy het heel laaste opgedaag en u het nie eens ‘n onderhou met ons gevoer nie. Tog word hy aangestel. Dit is nie billik nie!”
Die bestuurder het hom vinnig reggehelp: “Ek is jammer, maar terwyl julle hier gesit het, het die telegraaf die volgende boodskap in Morse Kode gegee: ‘As jy hierdie boodskap verstaan, kan jy dadelik inkom. Die pos is joune.’ Nie een van julle het die boodskap gehoor of dit verstaan nie. Die jong man het dit egter verstaan en daarom is die pos syne.
Ons leef in ‘n wêreld vol besige en woelige geluide net soos in die kantoor. Mense se aandag word afgetrek en daarom hoor hulle nie God se stem as Hy deur die skepping, die Bybel, ens met ons praat nie.
Laai die Storie hieronder af in PDF formaat:
Volg die skakel hieronder na ons ander Stories: