Saalopening: 14. Vertrou op die Here

14. groot

Hierdie is ons veertiende Kort boodskap, Saalopening idee.

Storie: Die Vingertoets

Vir hierdie boodskap met die tema: Vertrou op die Here, word die storie: Die Vingertoets gebruik, om aan die kinders te demonstreer dat jy op die Here moet vertrou.

‘n Professor aan ‘n mediese fakulteit, Prof William Osler, het tydens ‘n lesing aan sy studente getoon hoe belangrik dit is om besonderhede fyn waar te neem.

Hy het ‘n botteltjie urine aan die studente gewys en vir hulle gesê dat dit ‘n tipe vloeistof is waarmee ‘n mens selfs kan vasstel wat ‘n pasiënt makeer deur aan die vloeistof te proe.

Hy het toe ‘n vinger in die urine gedoop en sy vinger in sy mond gesteek. Hy het die botteltjie vir die naaste student gegee en verduidelik: “Ek stuur nou die botteltjie in die klas om. Almal moet van die vloeistof proe. So kan ons leer hoe belangrik die tegniek is en die geval diagnoseer”.

Elke student het versigtig ‘n vinger in die botteltjie gesteek, geproe en gefrons, want hulle kon die smaak nie herken nie. Prof Osler het die botteltjie teruggevat en sy studente geskok met die woorde: “Dames en here, hierdie is ‘n botteltjie urine en julle sal nou verstaan wat ek bedoel met fyn waarneming”.

“As julle fyn opgelet het, sou julle gesien het dat ek my wysvinger in die botteltjie gedoop het, maar toe my middelvinger in my mond gesteek het”

Teksverse: Ps 32:8 sê dit so mooi “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou”

Praktiese Illustrasie:

Kry ‘n paar vrywilligers om voordat jy met die storie begin ‘n vingertoets te doen.

Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:

14. Saalopening – Vertrou op die Here

Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s