Jeug Alpha: Sessie 13: Wat van die kerk?

13. groot - wat van die kerk

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 13:  Wat van die kerk?

Hierdie is die laaste sessie in die Alpha reeks. Vir hierdie sessie het ons NIE Alpha se video clip gebruik nie, omdat hulle ‘n onderhoud met die pope deel van hierdie sessie gemaak het. Ons as kerk kan ons nie met dit waarvoor die pope staan vereenselwig nie.

Ons het die tema gebruik en ons eie les daarvan gemaak.

Ysbreker: Die sessie begin met ‘n spanbou aktiwiteit waar almal moet saamwerk om die aktiwiteit te laat slaag.

Dink-Raam:

Ons kyk na WAT kerk is, nadat die kinders alles moet neerskryf wat by hulle opkom wanneer hulle die woord ‘kerk’ hoor. Vir hierdie aktiwiteit word prentjies en illustrasies gebruik om aan die kinders te verduidelik wat kerk is, en hoekom dit belangrik is. Hieronder is die illustrasies wat in die les gebruik word:

1. Ons help mekaar – saam is ons beter – Prediker 4:9-10 – Ek kry ‘n vrywilliger om te kyk hoeveel swaar boeke hulle op hulle arms kan hou. Die boeke raak later so swaar dat hy vir maatjies moet vra om te kom help.

2. Kerk is ‘n familie  / huisgesin van God – Ef 2:19 – Ek wys ‘n prentjie van ‘n familie op die bord.

3. Baie dele, maar saam ‘n eenheid – Rom 12:4 – Ek wys ‘n Swiss army mes, en trek die verskillende dele uit mekaar.

4. Ons hou mekaar warm en vol passie – 1 Kor 14:3 – Ek bring ‘n bak vol stomende baba aartappels, ek haal een aartappel uit en sit dit eenkant neer. Die stoom trek baie vinnig nie meer uit dit uit nie, want dit raak koud op sy eie.

5. Kerk is nie ‘n gebou nie, maar mense – Ef 2:20-22 – Maak ‘n kerk uit ‘n struktuur, uit die struktuur haal ek mense, en skuif die struktuur eenkant toe.

6. Ek en jy is die kerk – 1 Pet 2:5 – Elke groepleier bring vir my ‘n spieël saam, en stuur dit om sodat die kinders daarin kan kyk.

7. Dra mekaar se laste – Gal 6:2 – Kry ‘n vrywilliger om met iets swaar te loop, twee ander vrywilligers kom nader gestap en vat van die goed uit die eerste vrywilliger se hande en dra dit saam verder.

 8. Ons word geleer – Hand 2:42Iemand kom staan voor met ‘n Bybel in sy hande.

 9. Belei sondes en bid vir mekaar – Jak 5:16 – Twee vrywilligers kom vorentoe – hulle gaan sit by mekaar en praat met mekaar, die een vrywilliger sit hande op die ander een se skouers en ‘bid’ vir die ander een.

10. Versterk mekaar, praat mekaar moed in – Rom 1:12 en 1 Tess 5:11 – Twee vrywilligers, die een sit ‘n arm om die ander een se skouers, en gesels soos iemand wat moed inpraat, gee op die einde ‘n drukkie vir die ander een.

11. God se teenwoordigheid – Matt 18:20 – Wys ‘n prentjie van ‘n duif en vuur.

Die les sluit af met die kinders wat oor die volgende vrae gesels:

  • Is kerk vir JOU belangrik?
  • Wat soek JY in ‘n kerk?
  • As jy nie regtig kerk toe gaan nie, sal jy na hierdie sessie daaraan dink om te begin gaan?
  • Het julle as kinders en jongmense ook ‘n werk in die kerk?
  • Wat is JOU werk in die kerk?

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Jeug Alpha – Sessie 13- Wat van die kerk

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s