Kinderkerk Jeug Alpha: 13. Wat van die Kerk?

13. groot - wat van die kerk

AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.

Junior Jeug Alpha

Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.

13. Wat van die Kerk?

Hierdie is die dertiende en laaste les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les vra ons die vraag: Wat van die Kerk?

Die les bestaan uit die volgende:

Ysbreker 1:   Legkaart soek:Vir hierdie aktiwiteit moes die kinders as ‘n span saamwerk en elkeen moes sy deel doen om die legkaarte te kon bou. Jesus het ook ‘n span wat elkeen ‘n spesiale werk het – Jesus se kerk.  Ons gaan vanaand so bietjie oor die kerk gesels.

Dink-Raam:

Mense voel verskillende goed wanneer hulle aan die kerk dink, party is goed en party is sleg. In Heb 10:24-25 staan dat ons nie moet wegbly van die samekoms van gelowiges – die Kerk nie. Dit beteken ons moet sel en kerk toe gaan, want dis vir God belangrik.  Ons gaan vanaand so bietjie kyk wat die kerk nou eintlik is, en hoekom dit belangrik is om kerk toe te gaan.

1. Ons help mekaar – saam is ons beter – Prediker 4:9-10 – Ek kry ‘n vrywilliger om te kyk hoeveel swaar boeke hulle op hulle arms kan hou. Die boeke raak later so swaar dat hy vir maatjies moet vra om te kom help.

2. Kerk is ‘n familie  / huisgesin van God – Ef 2:19 – Ek wys ‘n prentjie van ‘n familie op die bord.

3. Baie dele, maar saam ‘n eenheid – Rom 12:4  – Gee vir elke kind in die spanne ‘n gem, maar die spanlede moet nie dieselfde kleur kry nie.  Sit ‘n groot stuk ongedrukte koerantpapier per groep aan die oorkant van die vertrek neer.  Verduidelik dat hulle elkeen se taak is om iets op ‘n plaas te teken.  Die voorwerp wat hulle teken moet iets wees wat werklik daardie kleur is wat hulle gekry het.

4. Ons hou mekaar warm en vol passie – 1 Kor 14:3 – Spring ‘n bak vol popcorn net voordat die les begin, haal een korrel popcorn uit en sit dit eenkant neer. Die stoom trek baie vinnig nie meer uit dit uit nie, want dit raak koud op sy eie.

5. Kerk is nie ‘n gebou nie, maar mense – Ef 2:20-22 – Maak ‘n kerk uit ‘n struktuur, uit die struktuur haal ek mense, en skuif die struktuur eenkant toe.

6. Ek en jy is die kerk – 1 Pet 2:5 – Elke groepleier bring vir my ‘n spieël saam, en stuur dit om sodat die kinders daarin kan kyk.

7. Dra mekaar se laste – Gal 6:2 – Doen ‘n resies tussen die meisies en die seuns.  Die leiers dra die kinders op hulle hande en ons kyk watter groep eerste klaar is.

8. Ons word geleer – Hand 2:42 Die leier kom staan voor met ‘n Bybel in die hande en beduie na die kinders en maak handgebare.  Kyk of kinders kan raai wat die leier doen.

 9. Belei sondes en bid vir mekaar – Jak 5:16 – Twee leiers kom vorentoe – hulle gaan sit by mekaar en praat met mekaar, die leier sit hande op die ander een se skouers en ‘bid’ vir die ander een.

10. Versterk mekaar, praat mekaar moed in – Rom 1:12 en 1 Tess 5:11 – Roep ‘n leier en ‘n kind vorentoe, die leier sit ‘n arm om die kind se skouers, en gesels soos iemand wat moed inpraat, gee op die einde ‘n drukkie vir die ander een.

11. God se teenwoordigheid – Lees Matt 18:20 – Al kan ons God nie sien nie kan ons weet dat Hy hier by ons is soos wat ons nou as Sy kerk bymekaarkom.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

13. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 13 – Wat van die Kerk

13. Wat van die prent – Prentjie

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s