Hierdie is ons twintigste Kort boodskap, Saalopening idee, en is geskryf deur Lienkie van Vuuren.
Storie: Dawid en Jonathan se vriendskap
Hierdie saalopening is geskik vir Laerskool kinders.
Nadat Dawid vir Goliat doodgemaak het, het die mense gesing: Saul het mense by die duisende doodgemaak, maar Dawid het mense by die 10 000 doodgemaak! Toe koning Saul dit gehoor het, het hy baie jaloers geword op Dawid.
Dawid en Jonathan was baie goeie vriende gewees. Toe Jonathan gehoor het sy pa koning Saul beplan om Dawid dood te maak, het hy sy goeie vriend gaan waarsku. Nadat Jonathan met sy pa gepraat het oor Dawid, het Saul vir eers van plan verander.
Dawid se lewe was vir eers nie meer in gevaar nie, en hy het voortgegaan om Saul te dien en harp te speel vir hom. Toe daar weer oorlog uitbreek het, het Dawid gaan veg. Dawid hulle het die oorlog gewen en die vyande het voor hulle uitgehardloop. Saul was so jaloers op Dawid se sukses dat hy hom wou doodhê. Omdat Jonathan ‘n betroubare vriend vir Dawid was, het hy eers vir Dawid gewaarsku oor die planne teen hom en toe ook vir sy lewe gepleit by sy pa, koning Saul.
Jy kry 2 tipes vriendskappe:
Mooi-weers-vriende en ware vriende
- Mooi-weers-vriende: Dit is vriende wat net jou vriend is as dit goed en lekker met jou gaan.
- Ware vriende: Dit is vriende wat deur dik en dun jou vriende is. Dit beteken wanneer dit swaar gaan en dalk nie so lekker is om met jou te speel nie.
- Die verskil tussen mooi-weers-vriende en ware vriende is soos die verskil tussen gom en magnete.
- Gom klou net tydelik. As dit droog raak of oud is plak dit nie meer so goed nie.
- Magnete klou altyd. Betroubaarheid is die grondslag van enige vriendskap.
Hoe betroubaar is jy? Wanneer daar sleg van jou maat gepraat word agter sy/haar rug, gaan jy stil bly of vir hom of haar opkom? Is jy daar om jou maat te ondersteun en moed in te praat wanneer dit nie met hulle goed gaan nie? Bid jy gereeld vir jou vriende? Is jy soos gom of soos ‘n magneet?
Gebed:
Liewe Here baie dankie vir die wonderlike voorreg om hierdie skoolweek in u naam te kan begin. Dankie dat U altyd getrou is . Help my asb om ‘n betroubare vriend vir ander te wees. Ons bid vir elke maatjie wat se hart seer of bekommerd is, dankie dat ons weet dat U daar is vir elkeen van ons. Gaan met ons elkeen deur die week dat ons in alles wat ons doen U sal trots maak. Ons vra dit in die naam van Jesus alleen AMEN
Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:
20. Saalopening – Betroubaarheid deur Lienkie van Vuuren
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:
[…] Saalopening: 20. Betroubaarheid […]
LikeLike