Hierdie is ons agt en vyftigste Saalopening, kort boodskap idee.
Hierdie is ‘n inleidings les om die kinders bekend te stel aan waardes in die algemeen, wat dit is, en hoekom dit belangrik is.
Waardes:
Ons het drie ysbrekers waaruit jy kan kies watter een die beste vir jou situasie gaan werk.
Ysbreker 1: Veiling
Neem ‘n paar artikels saam skool toe, bv. ‘n familie foto, vurk, bak, horlosie, laptop, foon ens. Die idee is dat daar waardevolle, duur artikels moet wees, en dan goedkoop en minder waardevol. Jy kan selfs ‘n paar artikels saamneem wat vir jou sentimentele waarde het.
Jy kan voor die tyd met ‘n paar kinders reël om jou te help, of die hele saal betrek. Die idee is dat jy die artikels gaan ‘opveil’, die kinders moet bie daarop volgens wat hulle dink dit werd is.
Ysbreker 2: Would You Rather
Vir hierdie ysbreker kan jy die hele saal betrek, en die kinders neem deel deur middel van handopsteek. Die idee is om ‘n klomp situasies te noem waaruit hulle moet kies, en ook van hulle gunsteling goed, soos musiek of jou foon, vriende of musiek. Weereens bepaal dit wat vir hulle die belangrikste is.
Ysbreker 3: PowerPoint
Vir hierdie ysbreker kry jy ‘n klomp prentjies wat jy op die projektor gooi en die kinders kan byvoorbeeld vir elkeen ‘n punt uit vyf gee – laat iemand vir jou telling hou, en na die tyd kan julle kyk watter was die belangrikste vir hulle gewees van byvoorbeeld 1-10.
Wat is Waardes?
Waardes is die goed wat vir ons belangrik is en wat ons emosies en optrede bepaal.
Waardes help ons om die regte keuses te maak.
Kom ek verduidelik.
Wat gebruik ek wanneer ek êrens heen ry en ek weet nie hoe om daar te kom nie? Dis reg, Google maps – en dan is daar ‘n tannie wat vir jou vertel hoe om te ry om daar te kom, ons noem haar tannie Soekie, want sy soek altyd vir jou die beste en maklikste pad om te ry.
Soos jy ry, vertel tannie Soekie vir jou waar om links en regs te draai, hoe lank voordat jy by die afdraai kom, en wanneer jy by die plek is wat jy gesoek het.
Waardes is vir ons soos tannie Soekie. Wanneer ons moet kies tussen reg en verkeerd, verkeerd of reg optree ens. dan help ons waardes ons (as hulle vir ons belangrik genoeg is) om die regte keuses te maak. Waardes help ons ook om op ‘n spesifieke manier op te tree, en ook teenoor ander mense. Noem gou ‘n paar waardes wat julle ken:
Respek, verantwoordelikheid, intergriteit, regverdigheid, liefde, geloof, omgee, deernis, eerlikheid, nederigheid, hardwerkendheid, lojaliteit, trots, hulpvaardigheid, vriendelikheid, getrouheid, goedhartigheid, verdraagsaamheid, samewerking, pligsgetrouheid, deursettingsvermoeë ens.
Koning Salomo van die Bybel het klomp sulke waardes geskryf wat ons in die boek Spreuke kry, en wat ons baie kan help. En noem gou ‘n paar:
- Spreuke 10:4 Luiheid teenoor Hardwerkendheid
- Spreuke 10:9 Intergriteit teenoor mense wat krom paaie loop (verkeerd / skelm streke)
- Spreuke 10:12 Haat teenoor Liefde
- Spreuke 10:32 Regverdigheid teenoor Sleggeit
- Spreuke 11:2 – Nederigheid teenoor Hoogmoed
- Spreuke 11:1 Eerlikheid teenoor Oneerlikheid
- Spreuke 11:13 Skinder teenoor Betroubaarheid
- Spreuke 11:17 Omgee teenoor Selfsugtigheid/wreedheid
- Spreuke 11:24 Vrygewigheid teenoor Suinigheid
- Spreuke 13:1 Gehoorsaamheid teenoor Ongehoorsaamheid
- Spreuke 13:3 Selfbeheersing teenoor Roekeloosheid
- Spreuke 15:1 Sagmoedigheid teenoor Hardheid
Jy sien, vir elke waarde – iets wat goed en mooi is, is daar iets wat nie so goed en mooi is nie. Die teenoorgestelde van elke waarde is iets wat nie een van ons wil wees en wil doen nie.
Daar is sommer baie verskillende waardes, en al die waardes is nie vir almal ewe belangrik nie, maar dis belangrik dat jy weet wat vir JOU belangrik is, wat JOU waardes is, sodat hulle jou soos tannie Soekie kan help.
Afsluiting:
Ons skool het ook waardes wat ons graag wil hê vir julle belangrik moet wees. Hierdie waardes help ons om ‘n goeie skool te wees, en lekker te leer en wanneer ons pret het, dit saam te kan geniet.
Waardes hou die skool veilig vir mekaar en help om ‘n atmosfeer van respek en leer te skep.
Laai die Saalopening oor Waardes hieronder in PDF formaat af:
58. Waardes Ysbreker 2- Would you rather
58. Saalopening – Waardes – Ysbreker 3
Algemene Waardes:
Ons kry gereeld navrae van onderwysers wat saalopening lesse oor spesifieke waardes benodig, en het dit dus goedgedink om al die skakels na die ‘hoofwaardes’, as mens dit so kan noem, in een post bymekaar te sit om dit makliker te maak as om deur die massas te werk. Baie skole gebruik oor hierdie temas as deel van karakterbou lesse tydens saalopening. Soos ons nog temas post sal ons die skakels ook in hierdie post byvoeg.
1. Betroubaarheid:
Saalopening: 20. Betroubaarheid
2. Intergriteit:
Saalopening: 24. Intergriteit
3. Respek:
Saalopening: 25. Respek
4. Eerlikheid:
Saalopening: 26. Eerlikheid
5. Nederigheid:
Saalopening: 29. Nederigheid
6. Verantwoordelikheid:
Saalopening: 32. Verantwoordelikheid
7. Samewerking:
Saalopening: 33. Samewerking
8. Hardwerkendheid:
Saalopening: 40. Hardwerkendheid
9. Lojaliteit:
Saalopening: 41. Lojaliteit
10. Hulpvaardigheid:
Saalopening: 42. Hulpvaardigheid
11. Vriendelikheid/Kindness:
Saalopening: 43. Vriendelikheid (Kindness)
12. Trots:
Saalopening: 46. Trots
13. Getrouheid:
Saalopening 52: Getrouheid
14. Goedhartigheid
Saalopening 57. Goedhartigheid
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening les idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/