Saalopening: 29. Nederigheid

29. groot

Hierdie is ons nege en twintigste Kort boodskap, Saalopening idee.

Nederigheid

Inleiding:

Ons gaan vanoggend so bietjie oor nederigheid gesels, maar voordat ons daarby kom wil ek gou eers kyk wie die grootste bubbles met bubble gum kan blaas.

Bubble gum kompetisie:

Koop verskillende soorte bubble gum en kry ‘n paar vrywilligers om te kom kyk wie die grootste bubbles kan blaas. As jy ‘n ‘bok vir sports’ is, kan jy saam deelneem aan die kompetisie!

Nederigheid

Weet julle dat party mense net soos bubble gum is? Hulle kan hulle self ‘opblaas’ soos bubble gum, want hulle dink heeltemal te veel van hulle self. Wat noem ‘n mens dit? Hulle is hoogmoedig!

Wat gebeur met ‘n bubble wanneer dit te groot raak? Dit bars!!! Net so ‘bars’ mense wat te veel van hulle self dink ook.

Neem ‘n staander met ‘n blaai op saam waarop jy notas kan skryf.

Help my gou dink hoe lyk iemand wat te veel van hulle self dink, wat hoogmoedig is?

Voorbeelde:

  • Niemand anders as hulle maak saak nie – alles draai om hulle.
  • Praat gedurig groot oor hom of haarself – brag.
  • Hulle hou nie daarvan om gesê te word wat om te doen nie.
  • Hulle wil alles hulle manier gedoen hê.
  • Hulle is nooit verkeerd nie.
  • Hulle maak nooit foute nie.
  • Hulle verhoudings en vriendskappe is nie goed nie.

As ‘n mens nie hoogmoedig is nie, dan is jy …… nederig!

Hoe voel God oor mense wat hoogmoedig is? 1 Petrus 5:5b (NLV) “God is teen die wat te veel van hulself dink.”

In die boek Daniël lees ons van ‘n koning wat te veel van homself gedink het. God het hom die veld ingejaag en vir 7jaar lank gras soos ‘n koei laat eet, totdat hy gesê het dat hy eintlik nie so oulik is soos hy gedink het hy is nie. Hy moes eers sê dat God die beste en die grootste is, en toe het God hom weer koning laat raak. (Dan 4:33-37)

Toepassing:

Hou julle van mense wat te veel van hulle self dink? Nee, niemand hou van sulke mense nie, en God ook nie. In Spreuke 22:4 lees ons “” Iemand wat nederig is en respek het vir die Here, kry rykdom, eer en lewe”.

Hoe lyk iemand dan wat nederig is?

Voorbeelde:

  • Hulle sien ander mense raak, gee om vir hulle.
  • Hulle moedig ander mense aan.
  • Hulle sê ‘mooi so’ as ander iets goed of mooi gedoen het.
  • Hulle weet hulle maak ook foute, kan ook verkeerd wees.
  • Hulle kan ‘jammer’ sê as hulle iets verkeerd gedoen het.

So, ek hoop julle het vandag so bietjie iets gekry om oor te dink. Onthou as jy hoogmoedig is dan gaan jy ook een of ander tyd ‘bars’ soos die bubble, en dis nie lekker of mooi nie!

Onthou ook wat God van nederigheid en hoogmoed dink, en wat met die koning gebeur het!

Laai die saalopening oor nederigheid hieronder in PDF formaat af:

29. Saalopening – Nederigheiddocx

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s