Hierdie is ons ses en veertigste Kort boodskap, Saalopening idee.
Trots
Ysbreker:
Reël voor die tyd met twee vrywilligers om jou met die ysbreker te help.
- Laat die een kind BAIE netjies wees, hare gekam, alles op hulle plek, met ‘n skooltas was langs hulle staan wat net so netjies lyk.
- Laat die ander kind slordig lyk, hare deurmekaar, hemp wat uit die broek hang, kouse wat half af hang, met ‘n tas wat ook sommer half oop hang.
- Bespreek nou hoe die twee kinders lyk met die gehoor, wys die verskille uit bv. netjies / slordige hare; netjiese klere / slordige klere ens.
Trots:
Ons gaan vanoggend bietjie oor trots gesels, maar voordat ons daarby kom is dit belangrik om seker te maak dat ons verstaan dat ons twee soorte trots kry. Die een soort, waaroor ons NIE vanoggend gaan praat nie, is om te dink jy is beter as ander mense – dis die soort trots wat jou hoogmoedige maak, en jou neus optrek vir ander mense – die ‘slegte’ trots.
Die tweede soort trots is waaroor ons vanoggend bietjie gaan gesels – kom ons noem dit die ‘goeie’ trots.
Laerskool kinders video clip: https://youtu.be/bh9GotA5Zvo
Hoërskool kinders video clip: https://youtu.be/keibTBgigQ8
Waarop kan JY alles trots wees?
- Jou voorkoms
- Skoolwerk
- Jou skool
- Jou ouers
- Jou vriende
- Jou juffrou
- Jou sport
- Jou pogings
- Jou prestasies
Hoe lyk dit wanneer jy trots op iets is?
- Jy doen jou beste
- Jy pas jou goed op
- Jy doen moeite met bv. jou skoolwerk, verhoudings, sport, jou voorkoms ens.
- Jy vat verantwoordelikheid
- Jy is lojaal teenoor jou bv. jou skool, vriende, ouers ens.
- Jy hou by die reëls, want jy weet dis belangrik
- Jy is pligsgetrou en doen jou werk soos jy moet
Wat doen jou trots aan die mense om jou?
- Jy stel vir hulle ‘n voorbeeld
- Jy inspireer, en motiveer ander om soos jy te wees en te doen.
- Jy raak ‘n rolmodel vir ander.
Samevatting:
Wanneer iemand trots het, dan kan mens dit gewoonlik maklik sien in die manier hoe iemand lyk, optree en die mense om hulle hanteer. Iemand wat trots het – die ‘goeie’ soort staan gewoonlik uit bo die een wat NIE trots het nie!
Onthou: Ons is almal verskillend en het daarom verskillende ‘dinge’ om oor trots te wees. As jy nog nie jou ‘ding’ gevind het nie, begin klein. Begin by jou voorkoms, hoe jy jou skoolwerk doen, hoe jou kamer lyk, en as dit jou ingesteldheid is sal dit vinnig deurspoel na die ander dele van jou lewe.
Laai die Saalopening Les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:
[…] Saalopening: 46. Trots […]
LikeLike