Saalopening 57. Goedhartigheid

Hierdie is ons sewe en vyftigste Saalopening, kort boodskap idee.

Goedheid of goedhartigheid is een van die 9 Gawes van die Heilige Gees. Hierdie vrug se naam is ‘goodness’ in die Engelse vertalings, maar het van die 1933 vertaling waar dit goedheid is, in die 1983 vertaling verander na goedhartigheid. Hierdie is twee verskillende eienskappe / vrugte.

Indien jy die hierdie les as deel van die Vrugte van die Gees aanbied, sal ons jou aanraai om by ‘goedheid’ te bly, want dis die skrifgetroue vertaling en nie goedhartigheid nie. Indien jy hierdie les as karakterbou of waardes wil gebruik kan jy dan goedhartigheid gebruik.

Goedhartigheid

Ons gaan vanoggend afskop met ‘n baie inspirerende video clip, wat ook ons les van vanoggend is, en nee, ons gaan NIE nuus kyk nie!

Video clip: https://youtu.be/fbj8Rykm2dk

Process die video clip:

  1. Gee vir my ‘n paar woorde waarmee mens dit kan beskryf wat Tashreeq se klasmaats vir hom gedoen het.
  2. Wie van julle sal so iets vir iemand anders doen?
  3. Wat het die ander kinders uit dit wat hulle vir hom gedoen het gekry?
  4. Hoe het dit wat hulle vir hom gedoen het, hom laat voel?
  5. Hoe voel JY oor dit wat jy gesien het?

Ons gaan vanoggend oor die woord goedhartigheid gesels. Nou wat beteken die woord?

Goedhartigheid is wanneer ons iemand anders help sonder om enige iets terug te verwag van die persoon, of sonder om self iets daaruit te kry. Presies soos ons in die video clip gesien het. Goedhartigheid is om ander se behoeftes voor of bo jou eie te stel.

In die tyd waarin ons leef is dit nie altyd iets wat ons sommer meer sien of ervaar nie. Noudat ons weet WAT goedhartigheid is, kom ons dink aan maniere hoe ons dit elke dag aan ander kan bewys, ook hier by die skool. Laat die kinders self aan voorbeelde dink en dit opnoem.

  1. As jy sien iemand het nie kos om te eet nie, deel jou kos met julle.
  2. As iemand sukkel dan help ons hulle, bv. my huiswerk, om iets swaar te dra ens.

Goedhartigheid 101:

#1. Die blangrikste beginsel van goedhartigheid is dat ander mense nie moet weet wat jy gedoen het nie, want dan doen jy dit nie meer vir die regte redes nie. Wanneer ons goedhartig teenoor iemand was, dan bly ons stil daaroor, want dit gaan oor HULLE behoeftes, en NIE oor joune sodat almal kan weet hoe oulik jy is nie! Die Bybel sê dat die een hand nie moet weet wat die ander hand doen nie – Matt 6:3

#2. Goedhartigheid hanteer ander mense met liefde, geduld en RESPEK. ‘n Belangrike punt om te onthou van goedhartigheid is om ander mense te behandel soos wat jy sou wou hê hulle moet jou behandel. Die Bybel sê dat ons aan ander moet doen wat ons aan onsself gedoen wil hê – Matt 7:12 

#3. Wanneer ons goedhartig teenoor iemand was moet ons bly wees dat ons dit vir hulle kon doen, dit moenie vir ons moeite of ‘n pyn wees nie, want dan moet ons dit eerder los.

God het die een lief wat met ‘n goeie hart gee – 2 Kor 9:7b

#4. Goedhartigheid het niks te doen met hoeveel jy het nie, maar oor die toestand van jou hart. Dis baie keer die mense wat die minste het wat die meeste gee. Goedhartigheid is wanneer ander mense se nood jou aanspreek, nie hoeveel jy het om te gee nie.

#5. Goedhartigheid verwag niks terug nie.

Opsomming:

Ons leer in die Bybel hoe God wil hê dat ons moet leef. Die Evangelie – God se Woord – is ‘n verhaal van goedhartigheid. God die Vader, wat Sy Seun se lewe in ruil vir ons sin gee, sodat ONS nie nodig het om hel toe te gaan nie. Ons het dit nie verdien nie, maar God het dit in elk geval vir elkeen van ons gedoen!

Omdat God goedhartig is, moet ons ook goedhartig wees.

Laai die Saalopening Goedhartigheid hieronder in PDF formaat af:

57. Saalopening – Goedhartigheid

Laai die Saalopening Goedheid hieronder in PDF formaat af:

54. Saalopening – Goedheid

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s