Hierdie is ons twee en vyftigste Kort Boodskap, Saalopening idee.
Getrouheid:
Ysbreker:
Leen ‘n paar rugby truie van verskillende spanne, en laat van die kinders dit aantrek. Laat die vrywilligers op die verhoog staan en vra die kinders wie hulle ondersteun. Laat die vrywilligers een een vorentoe kom, en laat die ondersteuners vir hulle skree, kyk watter span die gewildste is.
Vrae:
- Wie van julle besit julle gunsteling rugbyspan se trui?
- Wie het al na ‘n wedstryd van hulle gaan kyk?
- Wie het ‘n foto / plakkaat of iets soortgelyks in hulle kamer teen die muur van hulle span?
- Skree julle volgende keer vir ‘n ander span wanneer julle span verloor het?
Getrouheid:
Vanoggend gaan ons bietjie oor getrouheid gesels. Hierdie is ‘n woord wat BAIE goed beteken, en baie goed insluit. Ons gaan vanoggend gou vinnig na ‘n paar daarvan kyk.
Getrouheid = Lojaliteit
Een van getrouheid se eienskappe is dat as ons sê ons is getrou aan iets of iemand, dan is ons lojaal aan hulle.
Die ysbreker met die rugbyspanne is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Jy bly jou span ondersteun of hulle wen of verloor. Wat hulle DOEN maak nie dat jy ophou om hulle te ondersteun nie.
Ons kan dieselfde oor ons vriende, familie en selfs God sê. As een van hulle iets doen wat ons nie van hou nie, of hulle stel ons teleur, dan sorteer ons dit saam met hulle uit, en ons gaan aan met die verhouding.
As iemand iets lelik van hulle sê waar hulle nie naby is nie, dan staan ons op vir hulle, ons laat nie toe dat ander mense sleg van hulle praat wanneer hulle nie naby is nie. Dis deel van lojaal wees, en getrou wees teenoor die belangrike mense in ons lewens.
Getrouheid = Om die regte ding te doen
Om getrou te wees beteken ook om die regte goed te doen. Partykeer is die moeilik, veral as dit jou beste vriend is wat jou vra om iets verkeerd saam met hulle te doen. As jy getrou is, dan doen JY die regte ding, al is dit HOE moeilik, en al vra iemand van jou om die verkeerde goed te doen. Dis ook om die regte goed te doen wanneer jy alleen is, en niemand anders behalwe jy – en natuurlik God – daarvan gaan weet nie.
Hoe weet ons wat die regte goed is om te doen? Ons ouers, onderwysers en die kerk leer dit vir ons. Ons leer dit ook in die Bybel….. wat my by die volgende deel van getrouheid bring.
Getrouheid = ‘n Vrug van die Gees
Ons lees in Galsieërs 5:22-23 van die vrugte van die Heilige Gees, en een van hulle is GETROUHEID.
Nou hoe KRY ons hierdie vrug? Hierdie vrug kry ek, en groei in my, wanneer ek my hart vir Jesus gee. Dis nie ‘n maklike vrug om te dra nie – soos julle reeds gesien het – en daarom het ek hulp daarmee nodig.
So dit beteken ook dat as ek NIE ‘n kind van Jesus is nie, dan gaan ek NIE die Heilige Gees hê om my te help om hierdie moeilik vrug te dra nie.
Getrouheid = Betroubaar
Die laaste deel van getrouheid is dat ek betroubaar is. Dit beteken dat ek doen wat ek belowe het. Mense kan my vertrou met groot en klein goed. Mense kan my vertrou om die regte goed te doen.
Ek weet nie of julle die gesegde ken: “My woord is my eer” nie? Wel as julle dit NIE ken nie, is vandag dalk ‘n goeie tyd om dit te leer. Dit beteken letterlik dat dit wat ek sê (my woord), ek gaan doen (my eer), want ek is trots op my woord, op my getrouheid en op my betroubaarheid.
Afsluiting:
Kom ons werk hierdie week aan ons getrouheid by die huis, die skool, tussen ons vriende, en die belangrikste vir God. Kom ons DOEN wat ons sê ons gaan doen en help mense daarmee om ons te vertrou, want dit is ‘n uitvloeisel van getrouheid. Ek sluit af met ‘n paar bekende gesegdes oor getrouheid.
- Do the right thing even though no one is looking.
- Do the right thing even if you stand alone.
- Doing the right thing, is always the right thing.
- Do what is right, not what is easy.
- The time is always right to do the right thing.
En onthou: mense kyk na wat jy DOEN, meer as wat hulle luister na wat jy Sê!
Laai die Saalopening les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:
[…] Saalopening 52: Getrouheid […]
LikeLike