Saalopening: 33. Samewerking

33. groot

Hierdie is ons drie en dertigste Kort boodskap, Saalopening idee.

Samewerking

Ysbreker:

Neem ‘n skinkbord, groot lappie en 25 items saam wat jy op die skinkbord kan sit.

Kry so 8 vrywilligers om jou met hierdie ysbreker te help. Deel die vrywilligers in twee spanne op. Sit die 25 items op die skinkbord neer en maak dit toe met die lappie. Gee vir elke kind ‘n pen en papier. Haal die lappie van die skinkbord af en gee die kinders so paar sekondes om te kyk wat op die skinkbord is.

Gee hulle weer so paar sekondes om neer te skryf wat hulle kan onthou. Moet die kinders op hierdie punt nie toelaat om mekaar te help nie. Wanneer die tyd om is gee jy die groepe kans om gou koppe bymekaar te sit en te kyk of hulle ‘n volledige lys kan opstel van dit wat op die skinkbord is. Haal die lappie weer af, wys weer vir die kinders wat op die skinkbord is en vergelyk dit met hulle lysies. Kyk watter groep die meeste saam kon onthou.

Gesels oor die ysbreker:

  1. Om tyd te spaar, wys gou vir my met julle vingers hoeveel van die goed elkeen van julle op julle eie kon onthou.
  2. Kom ons kyk nou gou hoeveel elke groep gekry het.
  3. So is ek reg as ek sê dat julle saam meer gekry het as apart?
  4. So wat sê dit vir ons?

Daar is so mooi versie in die Bybel:

Prediker 4:9-10 “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.”

Samewerking:

Wat ons hieruit leer is dat as ons saamwerk ons meer gedoen kry en beter doen. As een swaarkry of seerkry is daar iemand om hom op te help. Kom ons kyk gou hoe dit lyk wanneer mense saamwerk en wanneer hulle nie saamwerk nie.

Video clips: Kies watter een van hierdie die beste vir jou gaan werk.

https://youtu.be/6fbE52YDEjU

https://youtu.be/fUXdrl9ch_Q

https://youtu.be/vtXKQOtNWPg

Het julle gesien wat hulle reggekry het omdat hulle saamgewerk het. In die Bybel is daar seker een van die mooiste voorbeelde van samewerking of spanwerk.

Lukas 5:17-26: Terwyl Jesus eendag besig was om mense te leer het ‘n paar vriende probeer om hulle verlamde vriend by Jesus te kry sodat Hy hom gesond kon maak. Daar was so baie mense gewees, dat hulle nie met die man in die huis kon inkom nie. Die vriende het toe saam ‘n baie slim plan gemaak…. Hulle het met hom op die huis se dak geklim en hom tussen ‘n paar dakteëls tot voor Jesus laat sak, en Jesus het hom gesond gemaak!

Toepassing:

Kom ons gesels gou daaroor. As die vriende NIE op die dak geklim het met hulle vriend nie, sou Jesus hom gesond gemaak het? Hoe dink julle het die vriende dit reggekry om die vriend op die dak te kry? Het elkeen hulle eie ding gedoen, of moes hulle saamwerk?

Ek kan julle BELOWE dat as elkeen hulle eie ding gedoen, en NIE saamgewerk het nie, sou die vriend nooit deur die dak by Jesus kon kom nie, en nooit gesond geword het nie.

Onthou: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.”

Sluit af met gebed

Laat die saalopening hieronder in PDF formaat af:

33. Saalopening – Samewerking

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s