Personeelkamer Opening: 19. Here leer my om te bid

19. groot

Hierdie is ons negentiende Personeelkamer Opening.

Here leer my om te bid

Nêrens in die Woord lees ons dat die dissipels na Jesus toe gegaan het en vir Hom gevra het: “Here, leer ons hoe om die dooies op te wek” of “Here leer ons hoe om die siekes gesond te maak” Maar hulle vra Hom, “Here leer ons om te bid.

Hulle het geweet dat as hulle kan bid, en hulle kan reg bid, dat hulle al hierdie ander dinge sal kan doen. Maar eerstens moet hulle weet hoe om te bid.

Sonder gebed kan die ware kind van God nie bestaan nie. Die Here gee toe vir hulle die Onse Vader. Kom ons kyk vandag na daardie gebed.

Ek kan nie sê: “Onse Vader”, as my hele gebed net om my en my behoeftes sentreer nie, dan moet ek liewer bid “My Vader”

Ek kan nie bid “Vader” as ek nog nie Sy kind is nie.

Ek kan nie bid “wat in die hemele is” as ek nog vasgegrendel aan aarde goed en aardsgebonde is nie.

Ek kan nie bid “Laat U Naam geheilig word” as ek nie self bereid is om Sy naam Heilig te ag en dit nie as n vloekwoord te gebruik nie.

Ek kan nie bid “Laat U Koninkryk Kom” as ek nie die son oor alle volke en nasies gun nie. (Hierdie een slaan hard)

Ek kan nie bid “Laat U wil geskied” as ek nie bereid is om die eie ek, en die eie wil te kruisig nie. As ek nie bereid is om eers Sy wil te vra voor ek belangrike besluite neem nie.

Ek kan nie bid ” soos in die hemel net soos op die aarde” as ek my sondes “swakhede” noem en dink ek gaan met daardie “swakhede” hemel toe gaan nie.

Ek kan nie bid “Gee ons vandag ons daaglikse brood” as ek nie tevrede is met die brood wat Hy voorsien, en ek net al die ander luukse kosse wil eet nie. Hy het belowe genoeg vir elke dag, nie n stoorkamer vol nie.

Ek kan nie bid “vergeef ons al ons skulde” as ek geen berou betoon vir al die verkeerde dinge wat ek doen, en dit nog probeer regverdig nie.

Ek kan nie bid “soos ons ons skuldenaars vergewe” en ek loop met hierdie diepgewortelde bitterheid in my binneste, en ek sê: maar hulle het verkeerd gedoen, nie ek nie.

Ek kan nie bid “lei my nie in versoeking” en dan gaan ek opsetlik na plekke en mense waar die versoekinge geil groei nie.

Ek kan nie bid ” maar verlos ons van die bose” as ek nie bereid is om my sondige lewe neer te lê, en ‘n lewe van oorwinning te lei nie. Hy het ons die kop gemaak, en ons moet heers oor die bose.

Ek kan nie bid “want aan U behoort die Koninkryk”, maar ek is nie bereid om Hom aan te stel as Koning van my lewe nie. Ek wil nog self die kroon dra, en my eie dinge doen.

Ek kan nie bid “en die krag” en daar is soveel mensevrees in my hart, en ek weet nie hoe om te opereer in Sy Krag nie.

Ek kan nie bid “en die Heerlikheid” as ek nog nooit U van naderby leer ken het, sodat ek Sy heerlikheid kan ervaar nie. En ek nog nooit op daardie plek gekom het dat ek voel ek is in die teenwoordigheid van ‘n Almagtige God nie.

Ek kan nie bid “tot in ewigheid” as ek nie ‘n langtermyn verhouding met my Skepper het nie

Ek kan nie bid “amen” as ek daar enige iets in hierdie gebed is waarmee ek nie saamstem nie.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

19. PERSONEELKAMER OPENING – Here leer my om te bid

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s