AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Woord Studie – Verlossing
Hierdie is die tiende les in die Kinderkerk lesreeks: Woordstudie.
Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Verlossing. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
In hierdie les word wette gebruik om aan die kinders te verduidelik dat jyself niks kan doen, soos wette gehoorsaam of goeie dade doen, om verlossing te verkry nie. Jy kan dit slegs deur Jesus Christus kry omdat Hy klaar die prys betaal het.
Twee pragtige demonstrasies word gedoen om dit aan die kinders te verduidelik.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
10. KINDERKERK LES – Woord Studie – Verlossing
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/