AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Woord Studie – Verlossing
Hierdie is die tiende les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.
Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Verlossing. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
In hierdie les word wette gebruik om aan die kinders te verduidelik dat jyself niks kan doen, soos wette gehoorsaam of goeie dade doen, om verlossing te verkry nie. Jy kan dit slegs deur Jesus Christus kry omdat Hy klaar die prys betaal het.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
10. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Verlossing
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/