Saalopening: 26. Eerlikheid

26.groot

Hierdie is ons ses en twintigste Saalopening kort boodskap idee.

Eerlikheid:

Inleiding:

Bring ‘n bak roomys, drie poeding bakkies, vier plastiek lepeltjies, sout en stroop saam. Oefen voor die tyd hoeveel sout en stroop jy moet opgooi vir die effek wat jy wil hê.

Ons gaan vanoggend ‘n bietjie pret hê! Wie het lus vir roomys?

Kry drie vrywilligers en skep vir elkeen ‘n klein bakkie roomys. Laat hulle so twee happe eet en vra hulle of die roomys lekker is……. natuurlik is dit lekker!!

Vra vir die kinders wat hulle gunsteling goed is om oor roomys te gooi (toppings)? Gooi ‘per ongeluk’ ‘n klomp sout oor elkeen se roomys. Wees kamma baie jammer daaroor, en probeer die kinders oorreed dat ‘n bietjie stroop die sout smaak sal wegneem. Moenie baie stroop gooi nie, want jy wil hê dat hulle nog die sout moet proe. Gee elkeen kans om te proe.

Oneerlikheid:

Nou wonder julle seker wat roomys, sout en stroop met vanoggend se les te doen het? Eintlik vreeslik baie! Kom ek verduidelik.

Ons gaan vanoggend oor eerlikheid praat. Ek het vanoggend vir julle probeer wys wat die effek van oneerlikheid is, wat gebeur as jy oneerlik is.

Wanneer jy jok of oneerlik is, is dit soos om sout oor roomys te gooi. Dit maak dit wat goed en lekker was – die roomys – sleg! Die probleem met jok of oneerlikheid is, is dat jy gewoonlik nog ‘n leuen moet vertel om dit te ‘cover’. Dis nou waar die stroop inkom. Vir die wat die roomys geëet het, het die stroop gewerk om die sout smaak uit die roomys te vat? Nee!!

Al wat regtig sal help, sal wees om die roomys weg te gooi, die bak uit te spoel, en weer skoon roomys in te skep.

Op watter manier kan mens oneerlik wees?

  • Deur te jok / lieg.
  • Deur iets te steel.
  • Deur af te kyk in ‘n toets.

Wat is die gevolg van oneerlikheid?

Demonstrasie:

Bring twee velle papier van verskillende kleure saam en pritt. Jy kan ‘n vrywilliger gebruik of dit self doen.

Die probleem met oneenlikheid is, is dat dit nie net vir JOU sleg is nie, maar ook vir die mense om jou. Vat die een stuk papier en skeur dit in klomp stukkies. Elke keer wanneer jy oneerlik is dan raak dit meer mense en dinge om jou as net jouself. Probeer om die blaai weer ‘aan mekaar te plak’ bo op die ander blaai.

Lyk die blaai weer presies dieselfde? Nee, want dis geskeur. Elke keer as jy oneerlik is dan ‘skeur’ dit iets. As jy ‘n leuen vertel, dan wonder mamma volgende keer of jy dit waarheid praat.

Wanneer jy leuens vertel of oneerlik is, dan vertrou mense jou nie meer nie – maak nie saak op watter manier jy oneerlik was nie! Dit vat gewoonlik weke, partykeer selfs maande voor die persoon teenoor wie jy oneerlik was jou weer vertrou. En as jy aanhou om oneerlik te wees dan sal hulle jou nooit weer vertrou nie. Die blaai sal nooit weer dieselfde lyk nie.

Toepassing

Ons almal maak foute, en dis ok. Dis belangrik dat jy vooraf sal BESLUIT dat jy ‘n eerlike persoon gaan wees. Jy moet vooraf weet dat jy moontlik gestraf gaan word oor dit wat jy gedoen het, of dat jy skaam daaroor gaan wees.

Dis egter belangriker om ‘n eerlike persoon te wees, wat vertrou kan word omdat jy nie bang is om die waarheid te vertel en die straf te vat vir dit wat jy gedoen het nie.

Demonstrasie:

Bring ‘n tolletjie garing saam. Kry ‘n vrywilliger om jou te help. Soos jy praat draai jy die garing om die vrywilliger. Na so paar drade vra jy die vrywilliger om die garing te probeer breek wat om hulle gespan is.

As jy eers besluit om oneerlik te wees moet jy aanhou om oneerlik te wees, en later ‘bind dit jou so vas’ dat jy nie meer daaruit kan loskom nie.

Hoe voel God oor eerlikheid?

Spreuke 12:22 “Die Here het ‘n afsku van leuenaars; Hy hou van betroubare mense”

Die woord afsku beteken Hy hou nie van mense wat oneerlik is nie. Ek hoop dit help jou om beter keuse te maak die volgende keer wat jy moet kies of jy eerlik of oneerlik gaan wees.

Sluit af met gebed

Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:

26. Saalopening – Eerlikheid

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s