Hierdie is ons vier en twintigste Kort boodskap, Saalopening idee.
Intergriteit
Inleiding:
Ons gaan vanoggend oor ‘n groot woord praat wat ons baie hoor, maar nie altyd lekker weet wat dit beteken nie. Die woord is intergriteit.
Speletjie:
Bring ‘n paar klaar opgeblaasde ballonne saam. Jy speel musiek terwyl die kinders hulle ballonne in die lug moet probeer hou deur dit te slaan. Die laaste persoon wat bly staan wen.
Ek soek ‘n paar vrywilliger om my te help om gou eers ‘n speletjie te speel wat ons dalk sal help om die woord beter te verstaan.
Hierdie is die reëls vir die speletjie: Jy gaan sit as die volgende gebeur:
- Jou ballon aan die grond raak.
- As jou ballon aan iemand anders se ballon raak.
- As jy en iemand anders mekaar in die oë kyk gaan ALBEI sit.
- As jy enige iets sê gaan sit jy.
Terwyl die kinders speel kyk jy wie die reëls breek en nie gaan sit nie.
Process die speletjie:
Vra die kinders wat deelgeneem het aan die speletjie die volgende vrae:
- Wat was die moeilikste deel van die speletjie gewees?
- Hierdie is ‘n moeilik vraag: wie van julle wou graag ‘kroek’/ cheat terwyl julle gespeel het?
- Wie HET ‘gekroek’/ge-cheat?
- Op watter maniere het of kon julle ‘kroek’/cheat? (deur te maak of jou ballon nie aan iemand anders s’n geraak het nie, en dan aan te hou met speel. As jy en iemand anders vir mekaar gekyk het te maak of julle nie na mekaar gekyk het nie, en aan te hou speel).
Intergriteit:
Is daar iemand wat na hierdie speletjie vir my kan sê WAT intergriteit is?
Intergriteit is wie jy is wanneer niemand naby is of jou sien nie. Om die regte ding te doen al weet net jy daarvan.
Ek het nie gesien wie almal aan mekaar se ballonne geraak het, of vir mekaar gekyk het nie, so dit was eintlik maklik om te ‘kroek’/ cheat. Intergriteit beteken dat al het EK jou nie gesien nie, het JY dit geweet, en DAAROM het jy gaan sit. Niemand behalwe JY het daarvan geweet nie, en tog het jy die regte ding gedoen.
Skryf of tik die volgende aanhalings op papiertjies en kry ‘n paar kinders wat goed kan lees om dit hardop te lees.
“Intergriteit is om die regte ding te doen, al kyk niemand nie” – CJ Lewis
“As jy oneerlik met klein goedjies is, sal niemand jou met groot goed kan vertrou nie” – Albert Einstein
“Intergriteit is om die regte ding te doen al gaan niemand weet of jy dit gedoen het of nie.” – Oprah Winfrey
“Die tyd is altyd reg om die regte ding te doen” – Martin Luther King, Jnr.
Soos ons die aanhalings gelees het, lyk dit of intergriteit klein begin het – intergriteit is wie ons is as niemand kyk nie”
Neem ‘n stuk tou saam, en soos jy praat begin jy dit in ‘n bal te rol.
Dink gou terug aan ‘n tyd toe jy oor iets ‘kleins’ gejok het. Dit het as ‘n ‘klein’ leuentjie begin, maar toe moes jy nog ‘n leuen vertel om die eerste een reg te laat klink, en toe nog een, en nog een…. Met elke leuen het dinge erger en moeiliker begin raak.
Jy het nie een dag opgestaan en besluit VANDAG jok ek en is ek oneerlik nie. Dit begin met ‘klein’ goedjies wat JY dink nie saakmaak nie, want niemand sien jou nie, of niemand weet daarvan nie.
Een dag staan jy op, en wat as ‘n ‘klein’ leuentjie begin het wat niemand eintlik van geweet het nie, het ‘n groot bol vol leuens geraak – wys die tou wat nou een groot bol is.
Toepassing:
Wat sal jy sê as ek vir jou sê dat ek ‘n dvd het met jou donkerste geheime op, wat elke liewe leuen op het wat jy nog ooit vertel het? Dink vir ‘n oomblik, wat sal jy bang wees sal daarop wees? Wat is daarop wat jy nie wil hê enige iemand moet ooit van weet of sien nie?
Hierdie vrae sal jou help om vir jouself die vraag te vra: Leef EK met intergriteit?
Vra iemand wat slegte keuse maak, as hulle eerlik is sal hulle jou vertel dat dit klein begin het. Toe hulle die eerste klein verkeerde keuse gemaak het, het hulle nooit kon dink dat dit die begin van hulle verkeerde keuses sou wees nie, want op DAAI oomblik, toe niemand hulle gesien het nie, het hulle begin om iets van hullself weg te gee.
As JY vanoggend hier sit en jy besef dat dit die pad is wat jy besig is om te stap, dan sê God dat daar hoop en hulp vir jou is. Jy moet na Hom toe kom, eerlik met jouself en met HOM wees, en Hy sal jou vergewe.
Ps 139:23-24 (NLV) “Deursoek my o God, en ken my hart; toets my onrustige gemoed. Kyk os daar enige gebrek by my is, en lei my op die ewige pad”.
Sluit af met gebed
Hierdie les is aangepas uit https://ministrytoyouth.com/youth-group-lessons-on-integrity/
Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:
24. Saalopening – Intergriteit
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:
[…] Saalopening: 24. Intergriteit […]
LikeLike