Sondagskool Les: 5. Woord Studie – Bekering

5. bekering - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Woord Studie – Bekering

Hierdie is die vyfde les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.

Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Bekering.  In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.

Ysbreker: Ek is jammer

Kleingroep bespreking rondom Lukas 19:1-10

  1. Watter feite lees ons van Saggeus in verse 2-7?
  2. Hoe verander Saggeus na sy ontmoeting met Jesus?
  3. Hoe het Saggeus gewys dat hy werklik jammer is?
  4. Na aanleiding van Saggeus se verhaal, wat verstaan julle rondom bekering?
  5. Maak ‘n lysie van vyf sondes waarmee jongmense sukkel.
  6. Skryf nou maniere neer hoe jongmense hierdie sondes kan ‘regmaak’ soos Saggeus reggemaak het.

Aktiwiteit: Omdraai – Hierdie is ‘n baie visuele aktiwiteit. Die kinders plak die antwoorde van vraag 5 en 6 hierbo teen twee oorkantste mure in die vertrek waar julle is. Hulle gaan staan dan voor die muur met die ‘sondes’, dan draai hulle hul rug op die ‘sondes’ en loop na die ‘regmaak’ muur.

Die les sluit af met die stappe van bekering.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

5. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Bekering

Bekeringsgebed

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s