AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Woord Studie – Bekering
Hierdie is die vyfde les in die Kinderkerk lesreeks: Woordstudie.
Die les begin met die leer van die bewegings van die eerste agt boeke van die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes, Handelinge, Romeine 1 en 2 Korinthiërs.
Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Bekering. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
Saggeus in die boom
Vir hierdie les gebruik ons die storie van Saggeus om bekering aan die kinders te verduidelik. Daarna neem die kinders aan drie aktiwiteite deel om dit prakties aan hulle te demonstreer.
Aktiwiteit 1: Ek is jammer speletjie
Aktiwiteit 2: Bekeer speletjie
Aktiwiteit 3: ‘n Hart wat vergewe
Die les word afgesluit met ‘n klompie bewegings wat die kinders geleer word om die verskillende stappe van bekering vas te lê by die kinders.
Laai die les hieronder af in PDF formaat:
5. KINDERKERK LES – Woord Studie – Bekering
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/