Kix Kinderbediening is bedoel vir almal wie se passie dit is om die Here se kinders te help in hul geloofvorming. KiX Kinderbediening verskaf gratis volledige lesse, voorstelle vir projekte en aktiwiteite – alles om ’n professionele weekbediening aan laerskool- en voorskoolse kinders van 4-12 jaar te bied.
KIX het 12 Kinderkerk lesreekse van Genesis tot by Openbaring gratis op hulle webtuiste beskikbaar. Hierdie reekse is in Afrikaans sowel as in Engels beskikbaar. Volg die skakels hieronder na die verskillende reekse:
1. Skepping tot Toring
Hierdie lesreeks strek van die skepping tot by die Toring van Babel, en bestaan uit 22 blaaie wat gratis by die skakel hieronder afgelaai kan word:
Click to access KIX-Boek-1-Skepping-tot-toring.pdf
2. Abram tot Jakob
Hierdie lesreeks begin by Abram, en strek tot by die 12 seuns van Jakob. Dit bestaan uit 21 blaaie wat gratis by die skakel hieronder afgelaai kan word:
Click to access KIX-Boek-2-Abram-tot-Jakob.pdf
3. Josef tot die Woestyn
In hierdie reeks kyk ons na die verhaal van Josef tot waar die Israeliete in die woestyn saam met Moses beland het. Die reeks bestaan uit 25 blaaie en kan gratis by die skakel hieronder afgelaai word:
Click to access KIX-Boek-3-Josef-tot-die-woestyn.pdf
4. Gebooie tot Kanaän
In hierdie reeks kyk ons na die 10 gebooie en reis verder saam met Josua na die afstrewe van Moses en beleef ons die wonder van die val van Jerigo se mure, asook die son wat God laat stilstaan het. Hierdie reeks bestaan uit 27 blaaie en kan gratis by die skakel hieronder afgelaai word:
Click to access KIX-Boek-4-Gebooie-tot-Kanaan.pdf
5. Rigters tot Samuel
Die reeks van Rigters tot Samuel gee ‘n oorsig oor die Rigters Gideon en Simson en hoe kragtig God hulle gebruik het. Ons kry ook kan om na die verhaal van Naomi, Rut en Boas te kyk, asook die profeet Samuel. Die reeks bestaan uit 24 blaaie wat gratis by die skakel hieronder afgelaai kan word:
Click to access KIX-Boek-5-Rigters-tot-Samuel.pdf
6. Saul tot Skeuring
Hierdie lesreeks wek ‘n groot deel van Israel se geskiedenis, Dit begin waar Saul as koning gesalf word, Dawid wat later koning word, Salomo, die bou van die tempel en dan deur skeuring van die ryk. Hierdie reeks bestaan uit 24 blaaie en kan gratis by die skakel hieronder afgelaai word:
Click to access KIX-Boek-6-Saul-tot-Skeuring.pdf
7. Job tot Jesaja
Die volgende word in hierdie reeks gedek: Job; Elia; Elia en die Baälprofete; Elia, Naäman en die dogtertjie; Die ballingskapen die Profeet Jesaja. Die reeks bestaan ook uit 24 blaai wat gratis by die skakel hieronder afgelaai kan word:
Click to access KIX-Boek-7-Job-tot-Jesaja.pdf
8. Jeremia tot Nehemia
In die reeks Jeremia tot Nehemia kyk ons na die volgende temas: Die profeet Jeremia; Daniël: Waarde en beginsels en as jy in die moeilikheid beland. Ons kyk ook na Jona, Ester en Nehemia. Hierdie reeks bestaan uit 24 blaaie en kan gratis by die skakel hieronder afgelaai word:
Click to access KIX-Boek-8-Jeremia-tot-Nehemia.pdf
9. Die Storie van Jesus
In hierdie reeks skuif ons na die Nuwe Testament en gee ‘n breë oorsig oor die lewe van Jesus. Die reeks bestaan uit 22 blaai wat gratis by die skakel hieronder afgelaai kan word:
Click to access KIX-Boek-9-Die-storie-van-Jesus-finaal.pdf
10. Kruisiging tot Eerste Gemeente
Hierdie reeks dek al die belangrike gebeure na Jesus se kruisiging onder die volgende temas: Jesus lewe; Jesus en die Emmausgangers; U weet dat ek U liefhet; Hemelvaart; Pinksterfees en Die eerste gemeente. Jy kan die 22 blaaie van hierdie reeks gratis by die skakel hieronder aflaai:
Click to access KIX-Boek-10-Kruisiging-tot-eerste-gemeente.pdf
11. Petrus en Paulus
In hierdie reeks kyk ons vlugtig na die volgende bekendste gebeure uit Petrus en Paulus se bedienings:
- Petrus se droom van ‘n doek uit die hemel
- Filippus en die Etiopiër
- Die kerk word vervolg
- Paulus en sy reise: Deel 1
- Paulus en sy reise: Deel 2
- Paulus se brief aan die Romein
Hierdie reeks bestaan uit 28 blaaie wat jy almal gratis by die skakel hieronder kan aflaai en print:
Click to access KIX-Boek-11-Petrus-en-Paulus.pdf
12. Filippense tot Openbaring
In hierdie laaste reeks word na van die briewe in die Nuwe Testament asook na Openingbaring gekyk. Hierdie reeks bestaan uit 35 blaaie wat gratis by die skakel hieronder afgelaai kan word.
Click to access KIX-Boek-12-Filippense-tot-Openbaring.pdf
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse en reekse: