Hierdie is ons twee en dertigste Kort boodskap, Saalopening idee. Hierdie is ‘n spesiale bederf, want ons het twee waarvan jy kan kies. Die een het onsself geskryf en die ander een is deur Annalize Willemse geskryf.
Jy kan natuurlik ook die Covid 19 veiligheidsmaatreëls as deel van hierdie saalopening gebruik. Dit sal veral goed inpas by die eerste les oor die pêrel. Jou verantwoordelikheid is om jou masker te dra, jou hande gereeld te was en sosiale afstand te handhaaf. As jy hierdie verantwoordlikhede nakom hou jy jouself, jou maats en onderwysers veilig.
Verantwoordelikheid
Albei hierdie lesse is geskik vir Laerskool kinders.
Verantwoordelikheid 1:
In die eerste les word die verhaal van hoe ‘n pêrel ontstaan gebruik.
Toepassing:
Party goed wat ons moet doen soos huiswerk, tande borsel, vroeg op staan vir skool, goed op pas, ons bed opmaak, ons klere in die wasgoedmandjie gooi ens. is nie altyd lekker nie, dis ‘n irritasie, maar deel van ons verantwoordelikheid.
As ons soos die oester begin raak en dit gebruik om die lewe vir onsself beter te maak, gaan hierdie verantwoordelikhede van ons beter mense maak. Wanneer jy hierdie goed – verantwoordlikhede – gereeld doen, raak dit ‘n gewoonte en maak dit van ons beter mense.
Verantwoordelikheid 2:
In hierdie les word die storie van Rieta wat die mier moes oppas gebruik.
Toepassing:
Dit maak nie saak hoe groot of klein ‘n werkie is nie, ons moet dit altyd doen asof dit die grootste en belangrikste werkie is. Dis nie die grootte van die werkie wat saakmaak nie, maar HOE ons dit doen!
Klein werkies wat jy nou goed doen, help jou om later groot werkies te kan doen! Onthou as jy klein werkies goed doen, dan word jy later met groot en belangrike werkies vertrou. Elke werkie is belangrik, maak nie saak hoe klein nie.
Daar is so oulik versie in die Bybel oor ‘n mier! Kan julle dit glo, soos in ons storie.
Ons kry dit in Spreuke 6:6 “”Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom”.
Sjoe, is dit nou nie oulik nie! Hierdie versie sê eintlik vir ons dat ons nie lui moet wees om die werkies te doen wat ons s’n is nie – maak nie saak of dit groot of klein is nie.
Laat die twee lesse oor verantwoordelikheid hieronder in PDF formaat af:
32. Saalopening – Verantwoordelikheid 1
32. Saalopening – Verantwoordelikheid 2
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:
[…] Saalopening: 32. Verantwoordelikheid […]
LikeLike