Hierdie is ons een en twintigste Kort boodskap, Saalopening idee: Terug skool toe.
Terug skool toe
Hierdie saalopening kort boodskap idee is lekker kort en prakties van aard. Jy kan dit eenvoudig hou of bietjie meer moeite daarvoor doen afhangende van jou opset.
Dit gebruik die slangetjie en leertjie speletjie as konsep vir geleenthede wat hierdie jaar oor jou pad gaan kom. Saggeus het die geleentheid aangegryp om vir Jesus te ontmoet en so het hy die ‘leertjie geklim’ deur die geleentheid aan te gryp.
Die kinders word gelos met die vraag: Wat gaan JY hierdie jaar met die geleenthede oor jou pad maak? Slangetjies of leertjies?
Jy kan hierdie idee vir Laerskool sowel as Hoërskool kinders gebruik.
Laai die Saalopening: Terug skool toe hieronder in PDF formaat af:
21. Saalopening – Terug skool toe
Laai die slangetjies en leertjies speletjie gratis by die skakel hieronder af:
https://www.craftnhome.com/snakes-and-ladders-game.html
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees: