Jeug Alpha: Sessie 9: Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe?

9. groot - hoe kan ek die beste maak vd res van my lewe

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 9: Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe?

Ysbreker: Die les begin met ‘n ysbreker waar ons vir die kinders ‘n klomp goor goed gee om te eet, die idee is dat hulle moet weier. In die video clip word daar baie gefokus op die druk om in te pas, en dinge te doen wat jy nie eintlik wou doen nie. Dis hoekom ons die ysbreker gedoen het.

Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord.

Hierdie sessie lyk heelwat anders as die voriges. In hierdie les kry die kinders kans om ‘n paar belangrike persoonlike vrae op hulle eie te antwoord:

Persoonlike tyd vrae:

  1. Wat keer jou om vanaand jou hart vir Jesus te gee?
  2. Wat in jou lewe sal moet verander as jy vanaand jou hart vir Jesus gee? Wat sal jy moet ophou doen?
  3. Hoe kan JOU ore Jesus dien?
  4. Hoe kan JOU oë Jesus dien?
  5. Hoe kan JOU mond Jesus dien?
  6. Hoe kan JOU voete Jesus dien?
  7. Hoe kan JOU liggaam Jesus dien?

Die video clip vir hierdie sessie is ongelukkig nie meer op YouTube beskibaar nie. Jy kan dit gratis op Alpha se webtuiste aflaai as jy vir die kursus registreer.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Jeug Alpha – Sessie 9 – Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s