AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.
Junior Jeug Alpha
Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.
9. Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe?
Hierdie is die negende les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na hoe ek die beste kan maak van die res van my lewe.
Die les bestaan uit die volgende:
Ysbreker: Die kinders kry ‘n paar goor opdragte om uit te voer. Niemand word gedwing om dit te doen nie. Die leiers kan hulle bietjie aanpor as hulle wil, maar die idee is eintlik dat hulle die moed sal hê om te weier.
In hierdie les gesels ons oor hoe ons as kinders van Jesus in ‘n wêreld moet leef waar daar mense is wat verkeerde dinge doen, en wil hê dat jy ook verkeerde dinge moet doen.
Romeine 12:1-2 word vir die kinders gelees en hulle moet die dele van die versie prakties saam doen.
Illustrasie: Word nuut: Die fasiliteerder doen ‘n demonstrasie om aan die kinders te demonstreer hoe dit lyk wanneer ons self probeer verander, en wanneer die Heilige Gees ons daarmee help. As ons ons hartjies vir Jesus gee kan ons lewens nie meer dieselfde lyk nie.
Aktiwiteit 1: Telefoontjie: Ek moet anders praat.
Aktiwiteit 2: I Spy: Met my ogies moet ek na ander dinge kyk.
Aktiwiteit 3: Luister mooi: Ek moet kies waarna ek luister.
Aktiwiteit 4: Lyf vorms: Ook met ons lyfies moet ons dinge anders doen.
In hierdie les leer die kinders dat wanneer ek my hart vir Jesus gee my lewe anders as voorheen moet lyk.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
9. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 9 – Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/