Hierdie is ons negentiende Kort boodskap, Saalopening idee.
Storie: Maak skerp jou byl
Vir hierdie saalopening gebruik ons die bekend storie: maak skerp jou byl
Die verhaal word vertel van ‘n jong man wat werk gesoek het. Die voorman het hom aangestel nadat hy ‘n groot boom vinnig en effefktief kon afkap. Dit het die eerste paar dae goed gegaan, maar die jong man het begin agter raak, en die voorman wou hom afbetaal. Die jong man was baie ontsteld hieroor en het vir die voorman vertel hoe hard hy gewerk het. Die voorman het hom huiwerig gevra of hy ooit sy byl skerp gemaak het. Ontsteld het die jong man geantwoord dat hy te besig daarvoor was….
Om geestelik skerp te bly moet jy gereeld jou geestelik byl skerpmaak – Bybel lees en bid.
Teksvers: Romeine 12:2: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”
Prakties:
Gebruik die Bybelvasvra: Ek word genoem, om die kinders se Bybel kennis so bietjie te toets voordat jy begin.
Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:
19. Saalopening – Bly geestelik skerp
Saalopening – Bly geestelike skerp – Bybelvasvra-Ek word genoem
Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees: