Kinderkerk Jeug Alpha: 8. Die Heilige Gees – Ons Lewens, Sy Huis

8. groot - die HG ons lewens sy huis

AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.

Junior Jeug Alpha

Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.

8. Die Heilige Gees – Ons Lewens, Sy Huis

Hierdie is die agste les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na hoe ons die tempel van die Heilige Gees is.

Die les bestaan uit die volgende:

Demonstrasie: Die les begin met die klas wat in ‘n BAIE deurmekaar vertrek instap, en die kinders wat help om dit op te ruim. Die skoon vertrek laat ons dink aan hoe Jesus ons hartjies skoonmaak.

Aktiwiteit 1: Huisie bou – gee vir elke groep ‘n klomp boumateriaal waarmee hulle ‘n huis vir Jesus moet bou. Hulle moet dan kom vertel hoekom hulle dink hulle huisies sal reg wees vir Jesus om in te bly.

Jesus bly nie in huise nie, wanneer ons ons harte vir Hom gee, dan kom bly die Heilige Gees in ONS. Die Bybel noem dit dat ons ‘n tempel van die Heilige Gees is.

Aktiwiteit 2Die huiseienaar se handleiding – Elke huis het huisreëls, as die Heilige Gees huisreëls geskryf het, hoe sal die Heilige Gees wil hê dat jy Sy huis moet oppas?  Wat sal Hy wil hê moet jy doen?  Waarvan sal Hy wil hê moet jy van wegbly?

  • VERSTAND: Doen ‘n klompie wiskunde somme op ‘n groot blaai en laat die kinders die antwoorde gee.
  • LIGGAAM :  Dans en sing ‘n liedjie saam, want ons moet mos oefen om ons lyfies sterk te maak.
  • HART :  Help die kinders om hulle pols te voel op hulle gewrig of gee vir elke groep ‘n stetoskoop om te luister na mekaar se hartjies.  Ons moet ook sorg dat ons hartjies skoon bly.

In hierdie les leer die kinders dat die Heilige Gees in elkeen van ons bly, as Jesus ons Verlosser is.  Ons lewens is Sy huis.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

8. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 8 – Die Heilige Gees – Ons Lewens, Sy Huis

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s