Jeug Alpha: Sessie 11: Hoe en waarom moet ek ander vertel?

11. groot - hoe en waarom moet ek ander vertel

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 11:  Hoe en waarom moet ek ander vertel?

Ysbreker: Die sessie begin met die ‘huggy bear’ ysbreker – die kinders loop rond en moet groepe maak soos die fasiliteerder uitroep bv. 3,5,9 ens. Wanneer die groepe bymekaar is moet hulle ‘n ‘grouphug’ gee.

Ons het hierdie ysbreker gedoen, omdat dit nie altyd maklik is om na ‘vreemdes’ te gaan en met hulle te gesels nie, wat nog te sê ‘n drukkie te gee. Om die goeie nuus van Jesus met ander te deel kan ons soms net so ongemaklik soos ‘huggy bear’  laat voel – selfs wanneer dit mense is wat ons goed ken.

Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord.

Oefen tyd:

In hierdie sessie raak ons prakties. Die kinders begin deur iemand in hulle groep te kies met wie hulle gemaklik is. Daar word so paar goed op die bord gegooi waaroor hulle met mekaar moet gesels. Die eerste twee is maklike vrae en daarna gaan hulle so bietjie ‘dieper moet delf’.

  1. Wat was lekker van jou dag gewees?
  2. Wat was sleg van jou dag gewees?
  3. Deel ‘n getuienis met mekaar van ‘n tyd toe Jesus jou met iets gehelp het, of jou geantwoord het.
  4. Deel met mekaar wat Jesus vir jou beteken, en hoe om Hom te volg jou lewe verander het.

Die video clip vir hierdie sessie is ongelukkig nie meer op YouTube beskibaar nie. Jy kan dit gratis op Alpha se webtuiste aflaai as jy vir die kursus registreer.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Jeug Alpha – Sessie 11- Hoe en waarom moet ek ander vertel

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s