1 Kor 1:18 sê: “Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.”
Tema van die storie:
Baie mense neem die Evangelie en dit wat Jesus vir ons kom doen het nie ernstig op nie. Hulle dink ons maak ‘n ‘grap’, soos die dorpsmense met die nar gemaak het, wanneer hulle gewaarsku word oor die hemel en die hel, en hoe mense by albei uitkom.
Die Sirkusnar
‘n Sirkustent het aan die brand geraak en die vlamme het versprei van die sirkusgronde na die omliggende velde en in die rigting van die dorpie daar naby.
Die sirkusmeester was oortuig dat die dorpie deur die vlamme verwoes sou word en dat die inwoners kon sterf as hulle nie gewaarsku sou word nie. Hy het gevra of iemand na die dorpie sou gaan om die mense te waarsku en die nar, alreeds in sy kostuum, het dadelik op sy fiets gespring en na die dorpie gejaag.
“Vlug vir julle lewens! Vlug vir julle lewens! ‘n Vuur is op pad en die dorpie gaan afbrand!” het hy aanmekaar geskree terwy hy deur die strate gejaag het. Nuuskierige dorpenaars het uit hul huise en winkels gekom en op die sypaadjie gestaan en lag en skree en hande geklap vir die nar se “vertoning”. Hoe meer wanhopig die nar geskree het, hoe meer is hy toegejuig.
Hy het later by die put in die middel van die dorpie gaan staan, sy klere begin uittrek en sy gesig begin was om die mense te oortuig dat dit nie narstreke was nie, maar dat hy dodelik ernstig was. Niemand wou na hom luister nie. Inteendeel die skare het dink dit was die beste reklame toertjie wat hulle nog gesien het.
Die dorpie is verwoes en die verlies aan lewens was groot, want niemand het die nar ernstig opgeneem nie. Hy was mos maar net ‘n nar gewees.
Baie mense neem die Evangelie en dit wat Jesus vir ons kom doen het nie ernstig op nie. Hulle dink ons maak ‘n ‘grap’, soos die dorpsmense met die nar gemaak het, wanneer hulle gewaarsku word oor die hemel en die hel, en hoe mense by albei uitkom.
1 Kor 1:18 sê: “Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.”
Laai die storie hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Stories: