AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.
Junior Jeug Alpha
Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.
10. Hoe kan ek die bose weerstaan – Wapensrusting
Hierdie is die tiende les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na hoe ek die bose kan weerstaan, en ons gebruik die Wapenrusting om dit vir die kinders te verduidelik.
Die les bestaan uit die volgende:
Ysbreker: Wapenrusting soek: Die les begin met die groepe wat elkeen ‘n sakkie moet soek wat weggesteek is. Binne-in die sakkie is die dele van die Wapenrusting en ‘n mannetjie wat deur die loop van die les gebruik word.
Elke deel van die Wapensrusting word deur middel van ‘n speletjie aan die kinders gedomonstreer, daarna verduidelik die fasiliteer wat dit beteken. Die kinders plak dan die deel van die Wapenrusting op die mannetjie wat hulle in die eerste ysbreker gevind het.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
10. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 10 – Hoe kan ek die bose weerstaan
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/