AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.
Junior Jeug Alpha
Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.
11. Hoekom en hoe moet ek ander vertel?
Hierdie is die elfde les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na hoekom en hoe ek ander moet vertel
Die les bestaan uit die volgende:
Ysbreker 1: Huggy Bear: Almal staan rond, en soos ‘n nommer uitgeroep word, moet die kinders groepies met soveel kinders in maak. Die idee is dat die kinders mekaar dan ‘n drukkie gee.
Ysbreker 2: Lekker nuus: Maak ‘n sak vol lekkers/koekies of sjokolade. Kies een kind om na jou toe te kom en fluister in sy/haar oor iets soos: “Ek gee lekkers/koekies/sjokolade verniet weg. Jy mag een kry, maar nou moet jy vir 1 ander persoon gaan vertel van die lekkers.” Soos die volgende kind dan kom lekkers haal, doen hulle dieselfde.
Soos die kinders mekaar van die goeie nuus van die gratis lekkers vertel het, so wil Jesus hê dat ons vir ander die goeie nuus van die Evangelie moet vertel. Ons het die eerste speletjie gedoen, omdat dit nie altyd maklik is om na mense wat ons nie goed ken nie te gaan en met hulle te gesels nie, wat nog te sê ‘n drukkie te gee. Om die goeie nuus van Jesus met ander te deel kan ons soms net so ongemaklik soos ‘huggy bear’ laat voel – selfs wanneer dit mense is wat ons goed ken.
Oefen tyd: Die kinders kry kans om te oefen om met mekaar oor Jesus te praat aan die hand van ‘n paar vrae.
Illustrasie: Jy is nie alleen: Die kinders doen die illustrasie van die melk, voedselkleursel en skottelgoedseep in die groepe. Dit illustreer wat gebeur wanneer ons ander van Jesus vertel.
Ons mag dalk dink ons is klein en onbelangrik, en niemand gaan na ons luister nie, maar God gee vir ons ‘n awesome Geskenk om ons te help om die goeie nuus te vertel. Dis amper soos toe daardie seep al die kleure sommer so laat “ontplof” het. Hierdie geskenk is natuurlik die Heilige Gees.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
11. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 11 – Hoekom en hoe moet ek ander vertel
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/