Jeug Alpha: Sessie 5: Hoe en waarom moet ek bid?

5. groot - hoe en waarom moet ek bid

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 5:  Hoe en waarom moet ek bid?

Ysbreker: Elke groeplid kry ‘n blokkie ys wat hulle in hul hande moet vashou, die idee is om te kyk wie die ysblok die langste kan vashou.

Die ysblok kan ons sê is die dinge in ons lewens wat ons saam met ons dra bekommernis, seerkry, ouers wat jou afkraak ens. Hier kom die oplossing vir jou. Sit die ysblok neer.  Hoe sit ek dit neer? Deur dit vir ons Hemelse Vader te gee. Deur middel van gebed vir Hom te vertel wat jou seermaak en dat Hy asb dit moet wegneem van jou want jy kan dit nie meer alleen dra nie.

Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord.

Groepwerk: Vrae rondom gebed

  • Wat kom by jou op wanneer jy aan gebed dink?
  • As dit jou werk was om gebede te beantwoord, hoe sou jy besluit om hulle te beantwoord?
  • As jy gebed aan iemand moet beskryf, wat sal jy sê?
  • Hoe voel jy daaroor dat God by ons is wanneer dit nie met ons sleg gaan nie?

Die leier verduidelik dan verder vir die kinders waarom ons moet bid, HOE ons kan bid deur middel van die gebedshandjie, en dan die groot vraag: Hoekom beantwoord God nie altyd al my gebede nie.

Die video clip vir hierdie sessie is ongelukkig nie meer op YouTube beskikbaar nie, jy sal dit gratis op Alpha se webtuiste kry as jy vir Alpha registreer.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Jeug Alpha – Sessie 5- Hoe en waarom moet ek bid

Gebedshandjies

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s