Kinderkerk Jeug Alpha: 5. Hoe en waarom moet ek bid?

 

5. groot - hoe en waarom moet ek bid

AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.

Junior Jeug Alpha

Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.

5. Hoe en waarom moet ek bid?

Hierdie is die vyfde les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na hoe en waarom ons moet bid. Hierdie les kan oor twee weke gedoen word, afhangende van hoeveel tyd jy tot jou beskikking het.

Die les bestaan uit die volgende:

Ysbreker 1: Die les begin met die speel van telefoontjie.

Ysbreker 2: Popcorn gebed – Die kinders maak asof hulle mieliepitte is wat moet opspring en ‘pop’, maar jy kan net ‘pop’ as jy iets uitroep waarvoor of waaroor mens kan bid.

Ballon Illustrasie: Hierdie illustrasie demonstreer aan die kinders dat die doel van gebed is om ons nader aan God te bring.

Robot Illustrasie: Die robot illustrasie verduidelik dat God nie wil hê wanneer ons bid, ons soos robotte moet bid nie.  Ons moenie net rympies opsê sonder om te dink soos ‘n robot sou maak nie.

Robot Aktiwiteit: Gebed is soos ‘n robot,  somtyds is die lig groen, en God gee jou wat jy voor vra. Ander kere is die lig rooi, God sê nee want,  hy ken die toekoms en weet wat die beste vir jou is. En somtyds is die lig geel, God sê nie nee nie,  hy sê net nie nou nie, en die leer ons om bietjie te wag vir die regte tyd.

Handjie gebed: Ons leer vir die kinders ‘n eenvoudige manier van bid deur hulle hande te gebruik.

Hier is die video clip vir die ballon illustrasie:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

5. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 5 – Hoe en waarom moet ek bid

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s