Hierdie is ons negentiende Kort boodskap, Saalopening idee.
Die krag van woorde
Wat by jou mond uitkom is altyd jou keuse. Dit kan goed of sleg wees, postitief of negatief, ons kan mooipraat van iemand, of kwaadpraat van iemand.
Die storie van die twee paddas wat in ‘n put geval het, is ‘n goeie illustrasie hiervan. Die een padda was doof en kon nie al die negatiewe kommentaar hoor wat die ander paddas vir hulle geskree het nie, en daarom het hy aanhou probeer totdat hy lewendig uit die put gekom het.
Die ander padda het na die negatiewe kommentaar geluister, en uiteindelik ophou probeer, net soos die ander paddas voorgestel het.
TobyMac het ‘n pragtige liedjie wat hierdie verhaal baie mooi opsom – “Speak Life”. Dit vertel die storie van die krag van dit wat by ons monde uitkom, en hoe dit positief of negatief kan wees.
Teksverse: Spreuke 18:21 “Die tong het mag oor dood en lewe; die wat lief is om te praat, sal die gevolg dra”
Jy kan ook Jakobus 3:5-12 gebruik afhangende van wie jou gehoor is.
Praktiese Illustrasie:
Koop twee buisies tandepaste, en druk voor die tyd al die tandepaste in ‘n bakkie uit. Kry twee vrywilligers wat moet probeer om die tandepaste weer in die buisie terug te kry. Jy kan besluit wat jy vir hulle gee om te help bv. ‘n lepel, tandestokkie ens.
Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:
18. Saalopening – Die krag van woorde
18. Die krag van woorde – Spreekwoorde
Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/