Jeug Alpha: Sessie 6: Hoe en waarom moet ek Bybel lees?

6. groot - hoe en waarom moet ek Bybel lees

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 6:  Hoe en waarom moet ek Bybel lees?

Ysbreker: Elke groep kry ‘n Lego stelletjie om te bou – sonder die instruksies. Soos instruksies die bou van die stelletjie makliker sou gemaak het, so maak die lees van die Bybel dit vir ons as kinders van God makliker om te weet HOE Hy wil hê dat ons moet leef.

Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord. Hierna speel die kinders ‘n “Staan dit in die Bybel” speletjie:

Baie van die kinders mag dalk na die clip steeds nie heeltemal verstaan wat die doel van Bybellees is nie.  Ander mag dalk dink dat hulle die Bybel redelik goed ken. Die speletjie mag van die kinders dalk help om te sien waar hulle regtig staan wanneer dit kom by die Bybel ken.

Groepwerk: Vrae rondom die Bybel:

  • Dink jy die idees in die Bybel is outyds en nie meer van toepassing nie?
  • Dink jy dis nog die moeite werd om die Bybel te lees? Hoekom sê jy so?
  • Is daar enige dele in die Bybel wat vir jou uitstaan of spesiale betekenis vir jou het?
  • Hoe voel jy oor die idee dat God met jou deur die Bybel kan praat?
  • Watter vrae het jy rondom die Bybel?
  • Hoekom dink jy verbied party regerings die Bybel in hulle lande?

Hier is die sesde sessie se video Clip:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Jeug Alpha – Sessie 6 – Hoe en waarom moet ek Bybel lees

Speletjie – Staan dit in die Bybel

Riglyne vir Bybel lees

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s