AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.
Junior Jeug Alpha
Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.
6. Hoe en waarom moet ek Bybel lees?
Hierdie is die sesde les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na hoe en waarom ons moet Bybel lees.
Die les bestaan uit die volgende:
Ysbreker 1: Die les begin met Bybel Opwarmings oefeninge.
Ysbreker 2: By hierdie ysbreker word daar scanarios vir die kinders gelees, en hulle moet dit met hulle lyfies uitact.
Ysbreker 3: Nommers word uitgeroep, en die kinders moet groepies maak met soveel kinders in ‘n groep.
Ysbreker 4: Die ysbreker begin met twee kinders wat op ‘n keer rug teen rug moet sit, en hulleself dan van die grond af moet probeer opkry. Elke keer as hulle dit regkry word nog iemand by die groep gesit, totdat hulle nie meer kan opkom nie.
Ysbreker 5: Raaisels oor kos word gelees, en die kinders moet probeer raai watter kos dit is.
Die doel van al hierdie ysbrekers is om aan die kinders te verduidelik dat Bybel lees jou geestelik fiks maak, dit maak jou sterk en jy het dit soos kos nodig om deur ‘n dag te kan kom.
‘n Oulike illustrasie word met ‘n spons gedoen om die effek van min of baie Bybel lees aan die kinders te verduidelik, en wat die effek van elkeen op jou lewe sal wees.
Die vorige week het ons so mooi geleer hoe ons kan bid deur na ons handjie te kyk. Ons het ons een handjie op die blaai geteken en in hierdie les gaan ons die ander een doen. Dit gaan ons help om ook te onthou hoe om Bybel te lees.
Laai die les hieronder af in PDF formaat:
6. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 6 – Hoe ek waarom moet ek Bybel lees
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/