AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Senior Jeug Alpha
Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.
Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.
Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.
https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/
Sessie 7: Wie is die Heilige Gees en wat doen Hy?
Ysbreker: Raai wie – ‘n PowerPoint word gewys met beroemde persone se gesigte, maar net stukkies van die gesig word op ‘n slag gewys. Die kinders moet dan raai wie dit is.
Soos die ysbreker word die Heilige Gees al vir te lank verkeerd verstaan en verskuil. Hy is die derde Persoon van die Drie eenheid – Vader, Seun en Heilige Gees. Dis makliker vir ons om God die Vader of Jesus die Seun van God in ons gedagtes voor te stel so ons mag dalk met die vraag sit: ‘Maar Wie is die Heilige Gees?”
Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord.
Na die video clip kry die kinders die geleentheid in die groepe om die Heilige Gees te ‘ondersoek’ met behulp van teksverse. Hulle moet die volgende twee vrae antwoord:
- Wie is die Heilige Gees?
- Wat doen die Helige Gees?
Die video clip vir hierdie sessie is ongelukkig nie meer op YouTube beskikbaar nie, jy sal dit gratis op Alpha se webtuiste kry as jy vir Alpha registreer.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 7 – Wie is die Heilige Gees en wat doen Hy
PPT Alpha – Heilige Gees Ysbreker
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/