Kinderkerk Jeug Alpha: 7. Wie is die Heilige Gees, en wat doen Hy?

7. klein - wie is die HG en wat doen hy

AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.

Junior Jeug Alpha

Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.

7. Wie is die Heilige Gees, en wat doen Hy?

Hierdie is die agste les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na Wie die Heilige Gees is, en wat Hy doen. Hierdie is ‘n redelike lang les wat oor twee weke gedoen kan word.

Die les bestaan uit die volgende:

Ysbreker 1: ‘Pass the parcell’ met ‘n ballon wat nie opgeblaas is nie.

Ysbreker 2: Ballon blaas.

Al kan ons die wind nie SIEN nie, kan ons dit hoor, voel en sien hoe dit dinge rondwaai. Net soos die wind, kan ons ook nie die Heilige Gees sien nie, maar ons kan sien, hoor en voel hoe Hy rondom ons werk en in ons hartjies.

Aktiwiteit 1: Kollig – Plak ‘n prentjie van ‘n kruis in die vertrek en sit al die ligte af. Neem nou ‘n flits en skyn met die flits op die kruis. Die Heilige Gees wys vir ons dat Jesus die regte pad is.

Aktiwiteit 2: Krag – Wat dink julle het die flits nodig om te kan werk?  Batterye.  Die Heilige Gees is vir ons soos die batterye vir die flits is, Hy gee ons krag.  Krag om reg te leef, krag om ander van Jesus te vertel.

Aktiwiteit 3: Blinde ‘follow the leader’ – lei ‘n paar geblinddoekde kinders deur die vertrek. Die Heilige Gees help ons elke dag, maar dis belangrik dat ons na Hom luister.

Aktiwiteit 4: Kussing resies – Die kinders gaan in pare, rug teen rug, met ‘n kussing tussen hulle resies jaag. Dis lekker om in die aand jou kussing te vat, en met jou kop daarop te lê, dit laat ons veilig en rustig voel. Jesus het die Heilige Gees vir ons gestuur nadat Hy opgevaar het hemel toe, en die Heilige Gees laat ons veilig en rustig voel wanneer ons alleen of hartseer voel.

Aktiwiteit 5: Geskenke – Die Gawes van die Gees word in kort behandel met ‘n geskenksakkie waarin daar vier artikels in is, wat elkeen ‘n groep van die Gawes verteenwoordig.

Aktiwiteit 6: Vrugteboom – Kinders kry kans om van een kind ‘n vrugteboom te maak, en dan word die Vrugte van die Gees kortliks genoem.

Laai die les hieronder in PDF formaat af

7. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 7 – Wie is die Heilige Gees en wat doen Hy

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s