Stories: Net nog 5 minute ekstra

net nog 5 min - groot

Gee iemand vir wie jy lief is vandag vyf minute ekstra van jou tyd, want dis nie vir hulle nie maar eintlik vir jouself.

Tema van die Storie: Net nog 5 minute ekstra

Die tema van hierdie storie is dat ons moet besluit wat ons prioriteite is. Die mense wat ons liefhet, of die dinge waarmee ons besig is? Tyd wat jy aan die mense spandeer waarvoor jy lief is, is nie eintlik vir hulle nie, maar vir jou!

Net nog 5 minute ekstra

Eendag, in ’n park, gaan sit ’n dame langs ’n man op een van die bankies wat naby die speelparkie.

“Daardie outjie is my seun,” sê sy terwyl sy wys na ’n klein seuntjie met ’n rooi sweetpak top wat besig is om te speel op die glyplank.

“Dis ’n pragtige jong mannetjie,” antwoord die man. “Dis my dogter, die een met die wit rokkie wat daar met die fietsry.”

Met die kyk hy op sy horlosie en roep na sy dogter. “Hoe lyk dit Melissa, dink jy nie dis tyd om huis toe te gaan nie?”

Melissa pleit by haar pa, “Pappa, kan ek nie nog asseblief vyf minute ekstra op my fiets rondry nie? Asseblief net nog vyf minute.”

Die man knik instemmend met sy kop en Melissa gaan voort om na hartelus op haar fiets rond te rits. Vyftien minute is later verby en die man staan op en roep weer na sy dogter. “Is dit nou tyd om te gaan?”

Weereens pleit Melissa, “Vyf minute, Pappa, gee net nog vyf minute meer.”

Die man glimlag en sê, “OK.”

“Mense ons, maar jy is omtrent ’n geduldige pa,” antwoord die vrou wat langs hom op die park bankie gesit het.

Die man glimlag weer en sê, “ Haar ouer boetie Niekie, is verlede jaar oorlede nadat ’n dronk bestuurder hom raak gery het. Hy het met sy fiets nie vêr hiervandaan gery nie. Ek het nooit baie tyd saam met Niekie spandeer nie en nou sal ek enigiets gee vir net ’n ekstra vyf minute saam met hom. Ek het myself beloof om nooit dieselfde fout te maak met Melissa nie.

“Sy dink sy het vyf minute ekstra om met haar fiets rond te ry. Die waarheid is, ek kry vyf minute ekstra om haar te sien speel.”

Die hele lewe gaan oor prioriteite, wat is jou prioriteite?

Gee iemand vir wie jy lief is vandag vyf minute ekstra van jou tyd, want dis nie vir hulle nie maar eintlik vir jouself.

Laai die storie hieronder in PDF formaat af:

Net nog vyf minute ekstra

Volg die skakel hieronder na ons ander stories:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s