Jeug Alpha: Sessie 4: Hoe kan ek geloof hê?

4. groot - hoe kan ek geloof he

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 4:  Hoe kan ek geloof hê?

Ysbreker: Elke groep kry ‘n skinkbord met drie glasies met die volgende koeldrank in: Coke; Pepsi en Cola Twizza. Elke kind kry ‘n strooitjie en moet proe aan elke glasie en die koeldrank probeer identifiseer.

Al het ons self dinge probeer en geproe kan dit soms moeilik wees om verseker te wees van wat ons proe. Is dit die “regte ding”of is dit ‘n namaaksel? Sommige mense voel so oor hulle geloof – oor Christenskap. Ons het almal verkillende ervarings, so hoe kan ons seker wees van ons geloof?

Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord. Daarna word daar ‘n demonstrasie met ‘n tripod gedoen om die konsep van die Drie-Eenheid, een van die fondamente van die christelike geloof, aan hulle te verduidelik.

Hierna is daar ‘n klomp vrae waaroor die kinders in die groepe gesels:

  1. Wat sal jy antwoord op ‘n vraelys wat vra:”Wat is jou geloof?”
  2. In wie of wat het jy geloof? Hoe voel jy oor geloof?
  3. Hoe belangrik is gevoelens in ons elke dag se lewens?
  4. Kan jy jou gevoelens vertrou in die neem van besluite of is daar meer betrokke?
  5. Hoe voel jy oor die beloftes wat God in die Bybel maak? Soos die volgende:
  • Dat hy in ons lewens sal kom wanneer ons hom vra.
  • Dat hy altyd saam met ons sal wees.
  • Dat hy ons ewige lewe sal gee.
  1. Vertrou jy wat die Bybel sê?
  2. Is dit veiliger om op God se beloftes in the Bybel te vertrou, of om op ons veranderende gevoelens?
  3. Stem jy saam dat geloof in God “n leap of faith is”?
  4. Die wete dat JESUS vir jou sondes gesterf het, verander dit hoe jy voel oor geloof?
  5. Hoe voel jy oor die idee dat God se Gees in jou kan woon?
  6. Hoe sterk voel jou verhouding met God?

Hier is die vierde sessie se video Clip:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Jeug Alpha – Sessie 4 – Hoe kan ek geloof hê

Swembad Illustrasie

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s