AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.
Junior Jeug Alpha
Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.
4. Hoe kan ek geloof hê?
Hierdie is die vierde les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons na die Drie-Eenheid, en hoe ons geloof kan hê.
Die les bestaan uit die volgende:
Ysbreker 1: Drie in een ‘oufit’ ysbreker. Elke groep kry drie verskillende items, en hulle moet een ‘outfit’ daarmee maak.
Daarna word die konsep van die Drie-Eenheid aan die kleintjies verduidelik aan die hand van Mark 1:9-11, waar Jesus gedoop is, en die Vader, die Seun en die Heilige Gees al drie in verskillende ‘vorms’ teenwoordig was.
Demonstrasie: Die deeg demonstrasie met water, meel en sout word gedoen om die Drie-Eenheid verder aan hulle te verduidelik.
Aktiwiteit: Elke groep kry ‘n uitdeelstuk met vrae oor klippe op die maan, geskenke in geskenkpakkies, en of ons hartjies reg in ons lyfies inpas.
Al kan ons God nie sien nie, en is dit moeilik om drie in een te verstaan, kan ons weet dat Hy regtig daar is, en dat Hy lief is vir ons.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
4. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 4 – Hoe kan ek geloof hê
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/