Ons volgende Bybelvasvra kategorie is “Rekords in die Bybel
Rekords in die Bybel
In hierdie kategorie het ons na gebeurtenisse in die Bybel gaan soek wat ongewoon is, en wat selde indien ooit gebeur, buiten in die Bybel. Daar is 60 sulke gebeure in hierdie Bybelvasvra, en elkeen het ook die teksdeel waar dit staan.
Jy kan hierdie kategorie saam met ander vrae as deel van ‘n Bybelvasvra gebruik, of ‘n geleentheid soos ‘n ‘funaand’ daarvan maak.
Funaand:
Funaande het ‘n wonderlike manier om die deelnemers met groter entosiasme te laat deelneem, en meer daaruit te laat leer.
Gebruik ‘n paar speletjies wat in die Guinness World Records boek voorkom en laat die kinders daaraan deelneem, en kyk watter rekords hulle daarmee behaal. Jy kan selfs tussen die Bybel rekords ‘ruskanse’ vat en nog ‘n speletjie of twee speel. Hier is ‘n paar vreemde rekords waaraan die kinders kan deelneem wat in die Guinnees World Record boek is. Dit sal die Rekords in die Bybel baie opwindend maak!
Speletjies:
1.Jellybeans volgens geure met ‘n koeldrankstooitjie sorteer:
Euan Hamilton van Engeland hou die rekord deur 30 jellybeans met ‘n koeldrankstooitjie in vyf geure te sorteer in 1 minuut en 3.58 sekondes.
2.Geldstukkies laat tol:
Scott Day van Engeland het ‘n geldstukkie vir 19.37 sekondes laat tol voordat dit tot stilstand gekom het.
3.Kougomborrels blaas:
Nadat sy ‘n uur lank gekou het, het Joyce Samuels van die VSA ‘n kougomborrel geblaas met ‘n deursnee van 28cm – deur haar neus!
4.Springtouspronge:
‘n Man van Indië hou die rekord deur 234 springtouspronge in 1 minuut uit te voer.
5.Smarties eet met eetstokkies of tandestokkies:
Kathryn Ratcliff van Engeland hou die rekord vir die meeste Smarties geëet in drie minute deur eetstokkies te gebruik. Sy het haar eie rekord al twee maal verbeter. In 2002 het sy 112 Smarties in drie minute geëet, in 2003 was dit 132 Smarites en in 2005 170 Smarties!
Speletjies verwerk uit: God se Boek van Wêreldrekords deur Tania Schultz Bl. 9
Laai die Bybelvasvra “Rekords in die Bybel” hieronder in PDF formaat af:
Bybelvasvra – Rekords in die Bybel
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybelvasvra Idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybelvasvra/