Kinderkerk Jeug Alpha: 3. Hoekom moes Jesus sterf?

3. groot

AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.

Junior Jeug Alpha

Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.

3. Hoekom moes Jesus sterf?

Hierdie is die derde les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les kyk ons HOEKOM Jesus moes sterf.

Die les begin met ‘n ysbreker waar die kinders ‘n klomp lawwe “Hoekom” vrae moet antwoord. Daarna volg ‘n bespreking oor waarvoor kruise in die Bybel se tyd gebruik is, en dat Jesus nie verdien het om aan die kruis te sterf nie, maar dat Hy dit vir ons sondes gedoen het.

Daar is ‘n pragtige illustrasie om die effek van sonde in ons verhouding met God te demonstreer. Die les sluit af met die kinders wat elkeen ‘n blaaitjie kry, hulle sondes daarop neerskryf en vir God om vergifnis daarvoor vra.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

3. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 3 – Hoekom moes Jesus sterf

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s